Background Image
Previous Page  13 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 13 / 52 Next Page
Page Background

Konferensie vir

Maart beplan

Die Ottosdal No-Till klub voel so ernstig oor die werk wat hulle

doen en die sukses wat hulle tot dusver behaal het, dat hulle ‘n

tweede bewaringsboerderykonferensie vir 11 en 12 Maart 2015

op Ottosdal beplan.

Die doel is om hulle ondervinding en resultate met medeprodu-

sente te deel. Soos met die 2014-kongres gaan verskeie ge-

nooide sprekers optree en aanbiedings lewer oor belangrike en

interessante sake in bewaringsboerdery. Wat veral belangrik is,

is dat produsente wat na bewaringsboerdery oorgeskakel het,

ook as sprekers gaan optree om hulle ondervinding te deel. En

wie weet beter wat om te doen en watter slaggate om te vermy as

iemand met ondervinding?

Slegs 300 persone kan die kongres bywoon en die koste beloop

R400 per persoon wat vier etes en al die kongresmateriaal insluit.

Wat meer is, die kongres val saam met die Ottosdal skou wat die

bywoning sommer twee vlieë met een klap maak.

Hou die Graan SA-webtuiste (

www.grainsa.co.za )

dop vir be-

sonderhede of skakel Lourens Rudolph van Ottosdal Landini

by 018 571 0900 of Hannes Otto by 082 774 3993 vir verdere

navrae.

se implemente, wat die effektiwiteit van die praktyk verhoog, in die

proewe te gebruik.

Vierdens word die gebruik van kouters en tande (in geenbewer-

kingsplanters) tydens die plantproses vergelyk. Tande kan die grond

dieper losmaak en kunsmis dieper plaas as kouters, maar versteur

die grond meer. In 2013/2014 het die twee praktyke geen verskil

in die opbrengs van mielies veroorsaak nie. Die verwagting is dat

verskille na vore sal kan kom as die reënval minder gunstig is en dat

die sukses van tande of kouters deur die grondtekstuur en -kwaliteit

bepaal gaan word.

Kultivarkeuse bly een van die beheerbare veranderlikes wat ‘n

belangrike rol in die sukses van graanproduksie speel. So is vier

mieliekultivarproewe gedoen waarvan sommige teen ‘n hoë en

ander teen die gewone stand geplant is.

Dekgewasse speel elders in die wêreld ‘n belangrike rol in be-

waringsboerdery en kan verskeie doelwitte en funksies uitvoer, soos

om die grond te beskerm teen erosie, grondverdigting op te hef,

die kwaliteit van die grond te herstel en ook voer vir vee te verskaf.

Die Ottosdal No-Till Klub het besluit om ook dekgewasse onder die

soeklig te plaas om in hulle bewaringsboerderystelsels te integreer.

Soos in die geval van die wisselbouproef, is 14 dekgewasse en

-mengsels (warm- en koelweergewasse) in stroke geplant en ver-

skeie waarnemings, soos byvoorbeeld die droëmateriaalopbrengs

en wortelverspreiding, is gemaak.

In die 2014/2015-seisoen gaan die gewasse plus die plaaslike

kontantgewasse dwarsoor die stroke van 2013/2014

geplant word om te kyk wat die interaksie (rotasie-

effek) tussen al die gewasse is en hoe dit die opbrengs

en grond beïnvloed.

Goeie nuus! Ná ’n omvattende studie deur Barloworld Agriculture is die

pryse van ’n wye reeks AGCO-onderdele vir Massey Ferguson- en Challenger-

toerusting verlaag – in sommige gevalle met meer as 70%.

Hierdie verlagings verminder eienaars se koste van eienaarskap en verlaag

ook die koste van Barloworld Agriculture se diensplanne vir trekkers, stropers,

selfaangedrewe spuite en planters.

Prysnavorsing is gedoen ten opsigte van diensonderdele en ander algemene

onderdele, waaronder aandrywingsbelde, aansitters, brandstofinspuiters en

turbo-aanjaers, asook planteronderdele. Prysverlagings geld onder meer vir:

• MF-trekkerreekse – MF 400 Xtra, MF 5400, MF 7600, MF 8600

• MF konvensionele, wydwerk- en geenbewerkingplanters

• Challenger-rusperband en geartikuleerde trekkers

• Selfaangedrewe Challenger-spuite

• Challenger-stropers

AGCO-onderdele vir toerusting wat deur Barloworld

Agriculture versprei word, is nou 24 uur per dag

beskikbaar – regdeur die jaar. Die doel hiermee is om

eindgebruikers se produktiwiteit in veral kritieke tye

soos plant- of oestyd te verhoog.

AGCO-onderdele kan nou ná kantoorure by Barloworld Agriculture bestel

word vir onmiddellike versending per koerier. Onderdele kan ook na-ure by

die AGCO-onderdeelpakhuis naby O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park,

Johannesburg, afgehaal word. Na-uurse aflewering per koerier word deur die

handelaar gereël en is nie ingesluit by die prys van die onderdeel nie.

Met inisiatiewe soos hierdie streef Barloworld Agriculture daarna om ’n

suksesfaktor in boere en kontrakteurs landswyd se ondernemings te wees.

Kontak jou naaste handelaar vir meer inligting of skakel

011 898 0278 om jou naaste handelaar te vind.

ONDERDEELPRYSE GESNOEI

24/7 – 365 DAE PER JAAR

KOSTE VAN EIENAARSKAP

VERLAAG JOU

11