Background Image
Previous Page  17 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 17 / 52 Next Page
Page Background

Kunsmispryse goedkoopste

vroeër in die jaar

k

unsmispryse kan gedurende die

jaar uitermatig wissel en omdat

kunsmis as produksie-inset so

‘n groot bydrae lewer tot ‘n

graan- en oliesadeprodusent se

lopende produksiekoste, kan die

tyd van aankope ‘n reuse-verskil maak.

Graan SA het uit internasionale en plaaslike

kunsmispryse sedert 2004 die gemiddelde

maandelikse prys bereken en dit teen die

totale jaarlikse gemiddeld geweeg om ‘n

indeks te vorm en dit op ‘n grafiek geplot.

Hierdie resultate (

Grafiek 1

tot

Grafiek 4

)

gee dan vir ons ‘n idee wanneer kuns-

mispryse tradisioneel en/of op ‘n gemid-

delde basis op sy hoogste of laagste is.

Uit dié inligting blyk dit dat beide inter-

nasionale en plaaslike kunsmispryse in

Januarie, Februarie of Maart op hul laag-

ste is. Die neiging is ook dat pryse nader

aan die einde van ‘n kalenderjaar, op hul

hoogste is.

Hierdie tendens kan nie altyd deur somer-

graanprodusente tot hulle voordeel gebruik

word nie omdat die tyd van aankope en die

tyd wanneer dit gebruik word met tien

maande kan verskil – dit wil sê, rente betaal-

baar kan hierdie voordeel neutraliseer. Dit

is wel ideaal vir wintergraanprodusente wat

al in Maart/April hul kunsmis gebruik.

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA en

PETRU FOURIE,

ekonoom, Bedryfsdienste, Graan SA

INSET

-oorsig

15

January 2015

OP PLAASVLAK

Grafiek 1: KAN – seisoenale prysindeks.

Grafiek 3: MAP – seisoenale prysindeks.

Grafiek 2: Ureum – seisoenale prysindeks.

Grafiek 4: KCL – seisoenale prysindeks.