Background Image
Previous Page  21 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 21 / 76 Next Page
Page Background

FOKUS

Grondbone

Mini-

funksioneer voortaan ook

as invorderingsagente

S

edert die instelling van die bedryfsheffing het Graan SA

ooreenkomste met verskeie landboubesighede en ander

graanafnemers aangegaan waarvolgens hierdie instansies,

teen ‘n agentskapsfooi, as invorderingsagente die bedryfs-

heffing namens Graan SA hef.

Dit maak dit dus vir produsente makliker om die oorbetaling van

hul bedryfsheffing te verseker. Hierdie proses om die heffing by

die eerste punt van lewering te hef en waar die produsent toe-

stemming verleen, bly steeds die maklikste manier hiervoor,

maar die vrye mark het ook die vloei van grane beïnvloed en met

die verloop van tyd het Graan SA verskeie nuwe invorderings-

agente aangestel en sal voortaan steeds daaraan werk om die lede-

en heffingbasis te verbreed.

Qualita Seeds eerste om proses

in plek te kry

Tydens die afgelope seisoen het die Grondboon Spesialiswerk-

groep, waar die verwerkers ook verteenwoordig word, die aange-

leentheid bespreek en eenparig besluit om Graan SA ook in hierdie

verband by te staan.

Dit het meegebring dat verskeie grondboonverwerkers reeds be-

soek is om die samewerkingsooreenkomste in plek te kry. In hier-

die verband het Qualita Seeds geen gras onder hulle voete laat

groei nie en alle produsente wat grondbone by hulle lewer het toe-

stemming daartoe verleen wat tot gevolg gehad het dat die hef-

fings reeds die afgelope seisoen verhaal is en aan Graan SA

oorbetaal is.

Graan SA het inderdaad groot waardering vir hierdie poging van

Qualita Seeds en wil ook produsente bedank wat in die verlede self

oorbetalings gedoen het op grondbone.

Produsente wat grondbone verbou, kan gerus hul verwerkers in

hierdie verband nader om dit in plek te kry vir die komende seisoen.

Grondboonverwerkers wat op hierdie stadium reeds geregistreer is

as invorderingsagente, is:

Elkana

Francois Minnaar

Lemacor Peanuts

Qualita Seeds

RE Groundnuts

Roba Foods

Vaalharts Groundnut Marketing

Graan SA is egter van voorneme om alle grondboonverwerkers in

hierdie verband te nader en vertrou om die proses af te handel voor

die volgende lewerings.

Die bedryfsheffing word primêr aangewend om die kernbesigheid

van Graan SA, naamlik om die navorsing- en ontwikkelingsprojek-

te, te befonds. Ander noodsaaklike aksies wat die volhoubaarheid

van graanprodusente sal verseker, word ook uit die bedryfsheffing

befonds. Die aanwending van die heffing word jaarliks tydens die

Graan SA Kongres goedgekeur waar ook terugvoer gegee word

oor alle aspekte van die bedryfsheffing.

Graan SA wil egter ook sy dank oordra aan produsente wat die

verhoging van die bedryfsheffing ná die 2014 Kongres so positief

aanvaar het. Vir twaalf jaar was dit onveranderd, maar inflasie het

egter sy tol begin eis.

Elke lid se bydrae stel ons in staat om deurgaans binne die inset-,

produksie-, mark- en beleidsomgewing die belange van die produ-

sent met kundigheid en kapasiteit te verteenwoordig.

HANS VAN DER BERG,

ledebemarking en kommunikasiebeampte, Graan SA

19

Hou die April-uitgawe van

SA Graan/Grain

dop vir ons

spesiale fokus op die Graan SA

NAMPO Oesdag.

Belangstellende adverteerders kan vir

Jurgen van Onselen kontak by

082 417 3874 of 021 976 4482.

February 2015

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie

– Karien Martinson 2012