15
February 2015
reken dat daar ook net kleiner grade soos 70/80, 60/70 en 50/60 uit
Suid-Afrika beskikbaar is en dat Suid-Afrikaanse grondbone buite
perke hoog geprys is.
Suid-Afrika was tradisioneel gesien as ‘n Spaanse-tipe produseren-
de land en die smaak en pitvorm het ‘n rol gespeel. Moet ons hier-
in lees dat buitelandse markte groter pitte soek en ook ander tipes
sal aanvaar?
Interessant is dat Runner- en Valencia-tipe grondbone in die VSA ‘n
pryspremie bo Spaanse tipes het. Grondboonprodusente ontvang
internasionaal maar tussen $400 en $500 per ton peule gelewer,
in vergelyking met Suid-Afrikaanse produsente se tussen $600 en
$700 die afgelope seisoen.
Binnelands het ons ‘n groot potensiële mark, maar opbrengs per
hektaar sal moet toeneem sodat grondbone meer bekostigbaar
raak en dat produsente steeds insentief het om grondbone aan te
plant. Daar sal hard gewerk moet word aan buitelandse markte om
ons reputasie terug te wen en dit moet as ‘n nismark behou word.
Verder moet daar ondersoek ingestel word na nie-tradisionele
uitvoermarkte wie se vereistes dalk nie so streng is nie. Graan SA
se personeel het opdrag om elke moontlike nuwe graanuitvoerland
te ondersoek vir grondboonuitvoere.
Goeie landboupraktyke
Voedselveiligheid speel ‘n al hoe groter rol en die implementering
van goeie landboupraktyke op plaasvlak is nie meer onderhandel-
baar nie. Die Grondbone Spesialiswerkgroep het die Bederfbare
Produkte Uitvoerbeheerraad (PPECB) ook versoek om kursusse by
verwerkers aan te bied om produsente op te lei in goeie landbou
praktyke sodat hulle daaraan kan voldoen.
Opkomende landbouprodusente
Grondbone kan ook baie sinvol as ‘n peulgewasrotasiestelsel by
opkomende landbouprodusente aangewend word vanweë stik-
stofoordraging en wisselbouvoordele. Graan SA het ‘n graanprodu-
sentontwikkelingsprogram onder leiding van me Jane McPherson
wat opleiding en leiding aan hierdie produsente verskaf en groot
sukses behaal.
Die Grondbone Spesialiswerkgroep het die samewerking van
twee verwerkers om te help met grondboonproduksie onder op-
komende produsente. Verder poog ons om loodsprojekte aan die
gang te kry vir die 2015/2016-produksieseisoen. Tans bly finansie-
ring die grootste probleem, want kommersiële banke en selfs die
Land Bank sien opkomende landbou as té riskant.
Sake-omgewing en beleidvorming
Graan SA het verteenwoordiging op die Grondbone Forum en kry
dus die geleentheid om insette te lewer wat die sake-omgewing en
beleidvorming deur staatsdepartemente, soos die PPECB en die
Departemente van Landbou en Gesondheid kan beïnvloed.
‘n Goeie voorbeeld hiervan is die saamstel van goeie landbouprak-
tyke op plaasvlak waar Graan SA insette gelewer het. Deur pro-
dusente se belange hier te beskerm, verseker ons dat produksie
volhoubaar en sonder onnodige regulasies en wette kan voortgaan.
Navorsing
Die grootste, huidige enkele uitdaging vir die grondboonbedryf
in terme van navorsing, is sekerlik die identifisering of teel van
kultivars wat aan nodige kwaliteitstandaarde voldoen en verhoogde
opbrengste lewer.
‘n Belangrike beperking hier is die kort groeiseisoen en die hoogte
bo seevlak. Laasgenoemde veroorsaak dat nagtemperature koeler
is as op seevlak en as gevolg hiervan het sommige oorsese kulti-
vars plaaslik sowat 20 tot 30 dae langer groeityd nodig om tot hul
volle potensiaal te ontwikkel.
Graan SA ondersteun die LNR in hul pogings om befondsing te kry vir ‘n nasionale kultivarteelprogram.
SA Graan/
Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie