Background Image
Previous Page  19 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 19 / 76 Next Page
Page Background

17

February 2015

FOKUS

Grondbone

Mini-

Graan SA ondersteun ook die LNR in hul pogings om befondsing

te kry vir ‘n nasionale kultivarteelprogram en sal behulpsaam wees

met die daarstel van wetenskaplik gefundeerde teeldoelwitte.

Een van die mees onderskatte probleme in grondboonproduksie, is

die Afrika peulaalwurm wat eie aan Suid-Afrika is en groot kwaliteit-,

sowel as opbrengsverliese veroorsaak. Die Grondbone Spesialis-

werkgroep sal ook ander belangrike navorsing identifiseer en tot

uitvoer bring soos nodig.

Kultivarevaluering

Soos genoem, werk die Grondbone Spesialiswerkgroep nou saam

met die LNR om weer ‘n nasionale kultivarevalueringsprogram aan

die gang te kry. Ons ondersteun verder ook OPOT se ELITE-kulti-

varprogram, waar oorsese lyne ingevoer en geëvalueer word deur

die LNR.

Ons is ook bereid om enige ander instansie te ondersteun met die

inbring en toets van buitelandse kultivars met dien voorwaarde dat

dit vir die hele bedryf beskikbaar gestel word. Sulke programme

moet ook binne die wette en regulasies van die plantverbeterings-

wet gedoen word sodat bioveiligheid nie in gedrang kom nie.

Meganisasie van veral die droogproses

Verhoogde meganisasie, veral van die droogproses, is onvermyde-

lik om die bedryf weer volhoubaar te kry. Goedkoper metodes van

droging moet veral ondersoek en geïmplementeer word. Grade-

ring van grondbone teen hoër vogpersentasies en die bepaling

van vreemde materiaal verskil van die ou riglyne. Die Grondbone

Spesialis Werkgroep het die PPECB versoek om nuwe riglyne oor

gradering en droging saam te stel sodat produsente meer ingelig

kan wees.

Grondboonproduksiebevordering

Graan SA bevorder die produksie van grondbone deur aan ver-

werkers hulp te verleen op hulle boeredae met die verskaffing

van personeel om markinligting oor te dra. Sodanige verwerkers

moet as invorderingsagente geregistreer wees en vroegtydig

reël vir beplande boeredae. Dit is verder ook onderhewig aan

personeelbeskikbaarheid en dat Graan SA ‘n billike spreekbeurt sal

kry op die boeredae. Verder sorg die organisasie ook dat relevan-

te artikels in die

SA Graan/Grain

-tydskrif gepubliseer word sodat

die produksie van grondbone daardeur bevorder kan word.

Ten slotte

Goeie landboupraktyke is van kardinale belang veral ten opsigte

van aflatoksienvoorkoming. Nakoming hiervan sal vir ons markte in

die buiteland verseker.

Kultivars wat verhoogde opbrengste lewer en peulaalwurmweer-

standbiedend is, moet gevind of geteel word. In die proses moet

gehoor gegee word aan bioveiligheid, want roekelose handeling

hiermee het die potensiaal om die hele bedryf te vernietig. Verhoog-

de meganisasie is onafwendbaar en grondbone moet oor die

regte redes verbou word en nie net om uit die mieliekoste-knyptang

te ontsnap nie.

Daar is baie werk te doen in die primêre grondboonbedryf. On-

gelukkig is die bedryf baie ingewikkeld en klein en kan besluite op

plaasvlak en andersom ook die res van die bedryf beïnvloed.

Dit is egter ook waarin die uitdaging is. Hierdie werk word deur toe-

gewyde produsente en personeel van Graan SA gedoen en daar-

voor is fondse nodig. Onthou net: Daar is niemand anders wat jou

as grondboonprodusent se belange op die hart dra nie.

Die voortbestaan van jou produsente-organisasie, Graan SA, is

van kardinale belang. So, of jy verwerker of produsent is, betaal

asseblief jou heffing en neem ook aktief deel, raak self ook betrokke,

dit sal in die langer termyn dividende oplewer.

Grondbone:

Hoekom heffing betaal?

Met verlede jaar se Graan SA Kongres is besluit dat grane gedifferensieerde heffings moet betaal wat rofweg 0,1% van die randwaarde

per ton op daardie stadium was. Die heffing vir grondbone is R13/ton.