Background Image
Previous Page  16 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 16 / 76 Next Page
Page Background

FOKUS

Grondbone

Mini-

Februarie 2015

14

Grondbone:

Hoekom heffing betaal?

I

n die westelike dele van die graanproduserende streke, speel

grondbone ‘n belangrike rol as alternatiewe gewas en hou

dit wisselbouvoordele vir produsente in. Alhoewel die totale

gemiddelde grondboonoes maar sowat 0,6% van die totale

mielie-oes is, was ‘n ton grondbone vanjaar tot vyf keer meer werd

as ‘n ton mielies.

Nog ‘n belangrike rol wat grondbone speel, is die groot vermenig-

vuldigingseffek in die informele markte waar straatsmouse ‘n be-

staan uit grondbone maak.

Met verlede jaar se Graan SA Kongres is besluit dat grane ge-

differensieerde heffings moet betaal wat rofweg 0,1% van die

randwaarde per ton op daardie stadium was. Die heffing vir grond-

bone is R13/ton.

Gewasse kompeteer onderling met mekaar vir hektare as dit by

aanplantings kom. In die Noordwes Provinsie is sojabone op oor-

lêlande; en in die Wes-Vrystaat is mielies in hoëprysjare die belang-

rikste kompetisie vir grondbone. Sojabone begin ook ‘n rol in die

Wes-Vrystaat speel. Nietemin is daar nog baie boerderye waar

grondbone elke jaar effektief verbou word ook as gevolg van die

voordele vir wisselbou en grondboonhooi vir veevertakkinge.

Graan SA se rol

Hoe verteenwoordig Graan SA sy lede? Wat is die omvang van

Graan SA se invloed? Dit is aansienlik: Met 16 interne werkgroe-

pe en komitees waarvan sewe na die verskillende bedrywe se be-

lange omsien.

Graan SA het sitting op die vyf graantrusts, vier graanforums en

vier graan tegniese en advies komitees. Op die vlak van ge-

organiseerde landbou, het Graan SA sitting op Agri SA se alge-

mene raad en Bedryfskamer en nog sewe ander komitees.

Verder is daar afgevaardigdes na al tien provinsiale landbou-

unies en TLU SA se kongresse. Graan SA het ook sitting op agt

Landbounavorsingsraadkomitees, twee Departement van Landbou

komitees, sewe kwaliteitstandaarde komitees en sewe ander

komitees en direksies.

Vir grondbone het Graan SA ‘n Spesialiswerkgroep en verteen-

woordiging op die Grondbone Forum asook op die Oliesade Ad-

vieskomitee en die Olie- en Proteïensade Ontwikkelingstrust. Dit

illustreer hoe wyd die invloedsfeer van Graan SA strek.

Die Grondbone Spesialiswerkgroep

‘n Spesialiswerkgroep se taak is om alle inset-, produksie- en

markverwante aspekte van die betrokke kommoditeit te hanteer. Dit

word via verkose en gekoöpteerde Graan SA-lede gedoen. Verder

sluit dit ook die identifisering en evaluering van navorsingsbe-

hoeftes in, die verantwoordelikheid om toe te sien dat die navor-

sing uitgevoer word asook die monitering en vordering van die

spesifieke navorsing.

Graan SA is by uitstek ‘n produsente-organisasie. Dit is egter ook

so dat sommige van ons lede ook grondboonverwerkers is en dat

verwerkers ‘n belangrike rol in die bedryf speel. Produksie van

gesertifiseerde saad is ingewikkeld.

Verwerkers speel ‘n belangrike rol hier en hou só die bedryf aan

die gang. Die Grondbone Spesialiswerkgroep het homself ten

doel gestel om altyd eerste die produsent en dan die res van die

bedryf se belange te bevorder.

Missie en visie van Graan SA se Grondbone

Spesialiswerkgroep

Missie

Die bevordering van die primêre grondboonbedryf deur produksie,

markte, mededinging in ‘n vryemarkomgewing, die sake- en be-

leidsomgewing, navorsing en meganisasie aan te spreek tot voor-

deel van al Graan SA se lede asook die grondboonbedryf.

Visie

‘n Vooruitstrewende primêre grondboonbedryf met stabiele pro-

duksie in ‘n vryemarkomgewing waar veilige, hoëkwaliteit voed-

sel tot ekonomiese voordeel van opkomende en kommersiële

produsente geproduseer word ten bate van voedselsekerheid en

werkskepping.

Strategiese doelwitte

Produksie

In terme van produksie, het Graan SA ‘n Bewaringslandbouwerk-

groep waar verminderde bewerkingspraktyke ondersoek word.

Daar is ook van die werkgroeplede wat alreeds hiermee eksperi-

menteer. ‘n Uitdaging hier is hoofsaaklik winderosie nadat grond-

bone uitgehaal is en dit kan moontlik deur dekgewasaanplantings

aangespreek word.

Markbevordering

Vir binnelandse markbevordering moet daar veral gekyk word na

die mededingendheid van grondbone as ‘n proteïenbron. As ge-

volg van twee jare van ondergemiddelde produksie, het grond-

boonpryse baie gestyg en sodoende hoë pryse behaal wat weer

‘n kopersweerstand laat ontwikkel het. Konstante verskaffing van

hoëgehalte voorraad teen bekostigbare pryse sal hierdie probleem

help aanspreek.

Selfs in oorsese markte het ons swak oeste die voorafgaande twee

jaar veroorsaak dat kopers ander lande van oorsprong geïdentifi-

seer het vir aankope. Alhoewel die VSA, Brasilië en Argentinië

nie dieselfde kwaliteit as Suid-Afrika produseer nie, het Japannese

en Europese markte nou gewoond geraak aan hulle tipe produk en

bederf geraak deur hul laer pryse.

Japan en Europa is dus huiwerig om tradisionele premies te be-

taal en reken dat die Suid-Afrikaanse produk te duur is. ‘n Rotter-

dam-handelaar by Aldebaran Kommoditeite, mnr Paul van Velzen,

FRANS MINNAAR,

voorsitter: Grondbone Spesialiswerkgroep, Graan SA