

Desember 2016
16
OP PLAASVLAK
Bestuurspraktyke
doen nog steeds beter as in lande soos Brasilië en Argentinië
– ten spyte van ‘n reeks uitdagende jare geassosieer met droë
omstandighede in veral die Vrystaat en Noordwes Provinsie.
Die laer plaaslike opbrengste, hoër kostes en laer marges impliseer
nie dat ons produsente nie kompeterend kan produseer nie. In
vorige studies is alreeds bewys dat wanneer gekyk word na produk-
tiwiteitsindikators, soos die gebruik van kunsmis, presteer ons
produsente goed in ‘n internasionale konteks.
Wat egter krities is, is om produktiwiteitsvlakke en groei in op-
brengste te handhaaf soos
Grafiek 10
aandui.
Die grafiek illustreer dat Suid-Afrika glad nie sleg vaar wat groei
betref nie, maar dat dit ook noodsaaklik is om dit te handhaaf
– veral in ‘n omgewing geassosieer met dalende reële pryse. Daar is
verder baie geleenthede vir groei in sojaboonopbrengste. Beter
tegnologie, produksiemetodes en saadvariëteite het, en sal, ‘n
sterk bydrae tot groei in die komende dekade lewer.
Wat is nodig om Suid-Afrika meer
mededingend te maak?
Ondersteuning en bystand is nodig in terme van volhoubaarheid,
gepaard met pro-aktiewe bestuur soos in droogtegebeurtenisse,
sodat die produsent kan bou op die reeds positiewe groei wat in die
afgelope dekade getoon is.
Vir beleidsmakers is dit essensieel om te verseker dat produsente
in ‘n investeringsvriendelike omgewing besluite kan neem en funk-
sioneer sodat voedselsekerheid en stabiliteit gehandhaaf kan word.
Verdere navorsing en ontwikkeling is belangrik om te verseker
dat Suid-Afrika konstant beter groeitendense as die mededingers
toon. Die rol van en samewerking tussen die regering en privaat
maatskappye deur middel van vennootskappe is krities vir die voor-
uitgang van navorsing.
Die beskikbaarheid van nuwe tegnologie – spesifiek vir Suid-
Afrikaanse omstandighede – is uiters belangrik om te verseker dat
Grafiek 7: Internasionale koste vir fosfaat (plaashekprys): $/kg.
Bron:
agri benchmark
en BFAP, 2016
Grafiek 9: Prestasie van wintergewasse: Internasionaal versus plaaslik.
Bron:
agri benchmark
en BFAP, 2016
Grafiek 8: Internasionale bruto marges vir mielies: $/ha.
Bron:
agri benchmark
en BFAP, 2016
Grafiek 10: Produktiwiteitsgroei in Suid-Afrika teenoor ander geselek-
teerde lande.
Bron: BFAP, 2016
Ons graan- en oliesaadbedrywe