Background Image
Previous Page  53 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 53 / 112 Next Page
Page Background

Goeie praktyke vir versorging

van trekkerbande

M

et ‘n kompeterende landbou- en industriële sektor is die

aanvraag vir kwaliteit bande groot. Die leeftyd van jou

bande sal egter afhang van die korrekte aanwending

en gebruik, maak nie saak hoe hoog die kwaliteit van

die produk is nie.

Dit is noodsaaklik om die spesifikasies te volg om te verseker dat

die bande se volle potensiaal benut word en daarom kyk ons na

die belangrikste aspekte om te verseker jy verleng die leeftyd op

jou bande. Ons glo ‘n slim verbruiker is ‘n ingeligte verbruiker.

Aanwending

Maak altyd seker dat die band geskik is vir die aanwending. Maak

seker dat die bande die regte produk vir die masjien, wa of trekker

is. Bande word getoets, geproduseer en gewaarborg vir ‘n spesifieke

taak en oppervlak en indien korrek aangewend, sal maksimum

waarde uit die band verkry word.

Banddruk

Een van die belangrikste instandhoudingseienskappe is om altyd

seker te maak dat die band se druk korrek is.

Bande word ontwerp om ‘n spesifieke gewig te dra – gebaseer op

die band se druk. Die drukking van jou bande moet op ‘n daaglikse

basis nagegaan word en die aanbevole drukking gebaseer op die

spesifieke band, moet gebruik word.

Sodra bande se drukking te hoog is, strek en buig die bande uit

posisie. Die bande absorbeer dan nie skok nie, wat te veel spanning

op die rubber veroorsaak en daartoe lei dat die band meer kwesbaar

is vir snye, impakbreuke en versnelde afloop van die bande.

As die banddruk te hoog is, kan dit nie net skade aan die bande self

veroorsaak nie, maar ook grondkompaksie veroorsaak – wat skadelik

vir jou lande kan wees.

Dit is net so nadelig wanneer jou bande se druk te laag is en kan

oorbodige strekking en buiging van die bande veroorsaak; asook te

hoë hitte-opwekking en verhoogde skouerafwerking van die band.

Verlaagde banddruk kan ook hoër brandstofgebruik veroorsaak.

Alle banddruk verwys na die “koue” band. Wat hiermee bedoel

word, is dat bande se druk gemeet moet word terwyl die band koel

is. Met ander woorde, voordat die bande begin rol of ‘n hele tydperk

nadat die masjien, wa of trekker alreeds stilgestaan het, moet die

drukking gemeet word.

Dravermoë

Maak seker wat die dravermoë van die bande moet wees. Die

voertuig se gewig moet vasgestel word, asook dié van die produk

wat vervoer moet word. Dit is belangrik dat die masjien, wa of

trekker nooit oorlaai word nie. Oorlaaiing is die een van die grootste

foute wat verbruikers maak.

Opsit en afhaal van ‘n band

Wanneer bande opgesit of afgehaal word, is dit noodsaaklik dat

die korrekte prosedures gevolg word. Maak seker die voertuig is in

goeie toestand en dat die spanrand (

bead

) van die band korrek op

die wielvelling (

rim

) geposisioneer is.

Sodra die bande opgesit is, maak seker die wydte tussen die band en

voertuig is korrek – daar moet gelyke spasiëring wees tussen al die

bande en die voertuig.

Onthou hiervan

Gaan gereeld die bande na vir krake, snye en slytasie. Wanneer ‘n

band ernstige snye en/of krake wys, of meer as 80% afgeloop is,

moet die band dadelik vervang word.

Dit is belangrik dat behoorlike bestuursgewoontes aangeleer word.

Vermy slaggate, skerp draaie, hoë spoed en skielike remming.

Onverskillige en verkeerde bestuursvermoë kan bande se leeftyd

heelwat verkort.

Natuurlike elemente soos son, reën, sneeu en hael kan ook ‘n

negatiewe effek op bande hê. Dit is noodsaaklik om jou bande kor-

rek te stoor. Bande moet nie langer gestoor word as wat aanbeveel

word nie.

Maak seker dat die bande nie in direkte sonlig gestoor word nie, dat

die stoorarea skoon is en dat bande in ‘n vertikale posisie geplaas

word. Die bande moenie bo-op mekaar gestapel word nie.

Chemikalieë speel ‘n groot rol in die leeftyd van trekker-, wa- en

masjienbande. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die rubber

van bande sekere chemikalieë makliker absorbeer as ander en die

gereelde skoonmaak van jou bande is uiters belangrik – veral as daar

in lande gewerk is wat kompos bevat. Ons het byvoorbeeld ‘n wye

reeks landboubande wat ‘n unieke self-skoonmaakfunksie bied en

só ook help om die lewe van jou bande te verleng.

Koop altyd die beste produk wat jy kan bekostig en maak seker jy

koop ‘n handelsnaam waarop jy kan vertrou. Dit is ook baie belangrik

om seker te maak dat die bande nie net ‘n voldoende waarborg het

nie, maar dat ‘n naverkoopdiens gelewer word.

Bogemelde is slegs die mees algemene en belangrikste wenke om

te verseker dat jy jou plaasbande se leeftyd verleng. Dit is belangrik

om ingelig te wees en sodoende slim met jou bande te werk.

Tubestone is die trotse, asook eksklusiewe groothandelaar, van

landbou- en konstruksie-reeks BKT-bande in Suid-Afrika en Namibië.

BKT is ‘n handelsmerk waarop ‘n produsent maar kan staatmaak.

Tubestone verteenwoordigers en verkoopspersoneel is opgelei om

al jou vrae te beantwoord en uitstekende naverkoopdiens te lewer.

51

August 2017

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

LARA DE GOEDE,

bemarkingsadministrateur, Tubestone