Background Image
Previous Page  54 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 54 / 112 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Augustus 2017

52

Dié selfaangedrewe

spuite nou beter as ooit

N

orthmec streef voortdurend daarna om bekostigbare,

hoëgehalte toerusting by hul bestaande reeks puik

toerusting te voeg. Die uitbreiding van die Jacto Uniport-

reeks het groot opskudding in die mark veroorsaak.

Benewens die huidige Uniport 3030 selfaangedrewe spuit met ‘n

3 000 liter chemiese tenk en 32 m spuitbalk, voldoen die groter

Jacto Uniport 4530 ook dan nou aan toenemende vereistes om

meer hektare per dag te kan spuit met toerusting wat boonop

die sak pas.

Jacto Uniport 4530

Die Jacto Uniport 4530 het ‘n 4 500 liter chemiese tenk en 36 m

spuitbalk. Die totale spuit weeg net ‘n skamele 10,5 kg (leeg) en

beskik oor ‘n uitstekende operasionele doeltreffendheid van tot

80 ha/h.

Wanneer dit vergelyk word met selfloopspuite met 3 000 liter

chemiese tenk en 30 m balk, is die Uniport 4530 se operasionele

doeltreffendheid (ha/h) tot 30% hoër en is gewasskade tot 17%

verminder. Die Uniport 4530 se 0,40 liter/ha tot 0,70 liter/ha

brandstofverbruik is tot 35% minder vergeleke met ander masjiene

in die mark.

Die nuwe Unitrack® vierwielstuurstelsel verdien spesiale erken-

ning, aangesien dit vinniger en meer akkurate bewegings en ‘n

kleiner draairadius beteken. Hierdie kortdraaistelsel verminder

gewasskade tot 40%.

Die balk se 2,75 m spuithoogte tesame met die 1,55 m tot 1,75 m

verstelbare grondvryhoogte bied meer opsies in

alle plantstadia. Indrukwekkende maksimum

spuitspoed van tot 35 km/h en

maksimum padspoed van tot 40 km/h

verseker dat die spuit opti-

maal aangewend kan word. Dit beskik oor Otmis ingeboude

tegnologie soos spuitkop-vir-spuitkop outomatiese kontroleerder,

Trimble-gebaseerde selfstuur asook RTX-korreksiesein. ‘n Tempe-

ratuur- en humiditeitsensor en ‘n trurat-kamera is ook standaard

op hierdie bielie.

Jacto Uniport 3030

Hierdie gevestigde model beskik ook nou oor opwindende nuwe

opsies soos die Unitrack-vierwielstuurstelsel. Benewens die be-

staande twee balk-opsies van 28 m en 32 m is ‘n nuwe balkwydte

van 36 m ook nou as opsie beskikbaar.

Die 36 m balk verhoog operasionele doeltreffendheid tot 14%

en verminder gewasskade tot 17% vergeleke met dié van 30 m

selfaangedrewe masjiene.

Spesiale erkenning moet ook aan die unieke spuitbeheerstelsel

gegee word – anders as enige ander spuit beskikbaar, is die

Jacto Uniport in staat om konstante druk en lewering te handhaaf

ten spyte van die grondspoed. Dit is alles moontlik weens die feit

dat ‘n positiewe lewering-suierpomp gebruik word in plaas van ‘n

sentrifugale pomp.

Baie laer pompomwentelinge is nodig om aansienlike hoër lewering

te verseker. Die pomp se rotasie is gelyk aan spesifieke lewering

en daarom kan die hoeveelheid water benodig deur middel van

pomprotasie beheer word. Dit word alles gedoen sonder enige

onnodige duur pulsstelsels.

Kontak Northmec om navraag te doen oor enige van die bogemelde

Jacto Uniport-spuite, asook ons ekstensiewe reeks kwaliteit hooi-,

grondvoorbereiding- en toedieningstoerusting, of besoek

ons webtuiste.

Northmec Implemente – die staal in

jou strategie.

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

MARCEL DU PLESSIS,

Northmec

Jacto Uniport 4530: Die sakpas-

antwoord op groeiende vereistes

om selfs meer hektare per dag te

kan spuit.