83
Stel vir jouself ‘n tabel soos
Tabel 1
op waarin al die inligting in
een oogopslag gesien kan word. Volg die stappe in die hakies
(byvoorbeeld A) ná die beskrywing, om die berekeninge in elke lyn
te maak.
Vervolgens is gewas CC se rendement die tweede hoogste (R2,05).
Daar is ‘n beperking op 100 ha vir die gewas, maar die gesamentlike
oppervlakte van BB en CC mag nie meer as 250 ha wees nie. Dit
wil sê: Daar kan net 50 ha met gewas CC beplant word. Dit kos
R282 176,83.
Dit beteken daar is nou R822 511,35 beskikbaar vir gewas AA. Ge-
was AA, stelsel 1 se rendement is die derde grootste, so dit beteken
dat 144,39 ha hiermee beplant kan word.
In totaal is R2 miljoen spandeer en die verwagte bruto marge vir die
boerdery is R2 067 955,62. Dit beteken dat daar nou net op 394 ha
geboer word. Die res van die lande sal skoon gehou moet word of
kan verhuur word.
Tabel 2
verdien ook aandag. Dit is die direk-toedeelbare verander-
like kostes vir gewas AA met verskillende verbouingstelsels. Dit
word gebruik om die verskil uit te wys as die verkeerde metode
gebruik word om die beperkings aan te spreek. Die doel van enige
besigheid is om sy totale wins te maksimaliseer. Volg weer die
stappe in die hakies ( ) na die beskrywing om die berekeninge in elke
lyn te kan maak.
Volgens Tabel 2 het gewas AA drie produksiestelsels. In die eerste
praktyk is die opbrengs 4 t/ha en die bruto marge R5 412/ha. In die
tweede een is die opbrengs 4,5 t/ha en die bruto marge R5 697/ha en
die laaste een is die opbrengs 2 t/ha en die bruto marge is R1 554/ha.
As jy besluit het om op grond van bruto marge die gewasse vir
verbouing te kies, met R2 miljoen vir insette en sou stelsel 2 bo
stelsel 1 gekies word, sou die resultaat beteken dat die bruto
marge R224 116,29 minder sou gewees het, bloot omdat daar in
stelsel 1, 56,95 ha ekstra geplant kon word. Indien stelsel 3 gekies is,
sou jy R1 123 000 verloor het. Die laaste verbouingstelsel se bruto
marge is só laag dat dit nie eers oorweeg kan word nie.
Pas dus op om die insette te rek om al die beskikbare hektare te
plant, want winsgewendheid gaan nie noodwendig oor baie hektare
nie. Indien jy oppervlakte jaag, kan dit dalk net die teenoorgestelde
uitwerking hê as wat jy dink.
Hierdie voorbeeld bewys net dat as daar ‘n finansiële beperking
is, die gewasse wat die hoogste rendemente lewer, verbou moet
word. Indien daar egter ‘n oppervlaktebeperking in die boerdery is,
moet die bruto marge per hektaar as kriterium gebruik word.
Sien ook Tabel 2: As daar genoeg geld was om alles te plant en
die aanname word gemaak dat net gewas AA verbou kan word, sal
daar ‘n R142 864,45 verlies wees as die rendement gebruik word as
kriterium om die gewasse wat verbou word, te kies in plaas daar-
van om die grootste bruto marge per hektaar te kies.
Hierdie voorbeeld wys net weer op die belangrikheid daarvan om
hierdie beperkings reg te identifiseer en reg te bestuur. Interpreteer
hierdie beperkings verkeerd en die resultaat sal dit duidelik reflekteer.
Vir meer inligting, kontak Pietman Botha by 082 759 2991.
ONS TOEKOMS!
Boere is gebore versorgers van gewasse en diere,
rentmeesters van natuurlike hulpbronne en produsente
van voedsel vir gesinne buiten hul eie. Met ons
uitgebreide kennis van gewasverbouing en plaaslike
toestande is PANNAR jou vennoot om voort te bou op
hierdie sterkpunte, en jou meer kostedoeltreffend te
help boer om ’n suksesvolle boerdery vir toekomstige
geslagte na te laat.
2016/CORP/A/016A
GEWASSE VIR ’N
VOLHOUBARE
TOEKOMS.
www.pannar.com infoserve@pannar.co.zaSaam boer ons
vir die toekoms
™
UITSONDERLIKEPRODUKTE
ENGEWASPAKKETTE
ULTRAMODERNE
NAVORSINGEN
ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE
GEWASVOORSORG
OPTIMALISEER
PRODUKSIE
GEWASBESKERMINGS-
BESTUURSPRAKTYKE
® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2016 PANNAR BPK