Augustus 2016
80
PRAKTIESE MANIERE
om hierdie seisoen te oorleef
I
n die vorige artikel (
SA Graan/Grain
, Julie 2016) is daar klem
gelê op verbouingspraktyke. Daarin is verwys na proefwerk wat
destyds by Afgri (toe nog OTK) se proefplaas op Bethal gedoen
is, asook maniere om te kyk na die aanpassing van hoeveelheid
insette gebruik.
Die belangrikste is egter om grond volgens potensiaal te bestuur.
Die fisiese en chemiese grondkartering is van kardinale belang om
die realistiese langtermyn-potensiaal van die grond te bepaal.
Presisieboerdery is aanvanklik ‘n duur belegging, maar die rende-
ment hieraan gekoppel, maak dit oor en oor die moeite werd. Deur
die lande volgens hul potensiaal te bestuur en kalk presies toe te
dien, maak al klaar ‘n groot verskil. Voorts kan daar deur die lande se
vog ook te bepaal, ‘n bydrae gelewer word om die produksie te rig.
Natuurlik kan al hierdie faktore aangespreek word, maar as jy nie
die essensiële aksies effektief, doeltreffend en veral tydig afhandel
nie, is alles ‘n verlore saak. Maak dus seker dat jy weet wanneer, waar
en hoe dit gedoen moet word.
Landbou se beperkings kan basies tot net twee gereduseer word,
naamlik ‘n oppervlakte- en ‘n geldbeperking. As daar ‘n oppervlak-
tebeperking is, moet die hoogste bruto marge per hektaar gebruik
word om die boerdery se wins te maksimaliseer.
As daar ‘n beperking op geld is, moet die hoogste rendement op
insette gebruik word om die besigheid se wins te maksimaliseer.
Gebruik hierdie riglyne verkeerd en wins sal nooit gemaksimaliseer
word nie.
In hierdie artikel word daarop gefokus om ‘n paar riglyne te verskaf
sodat jy self te kan bepaal watter kombinasie van gewasse jy moet
verbou. Daar is nie ‘n standaardresep nie, net ‘n metode om hierdie
berekening te kan doen.
Die volgende stappe kan gevolg word om die kombinasie waar-
mee geboer moet word, te verduidelik en te bepaal:
Eerstens moet die gewasse wat verbou kan word, bepaal word.
Tweedens moet die verskillende verbouingspraktyke vir die
gewasse ondersoek en uitgeklaar word – wat insluit die hoeveel-
heid insette gebruik, asook die verwagte opbrengste. Dit kan
beteken dat sekere besparings dalk oor die kort termyn sal moet
realiseer en dat dit die opbrengste en winsgewendheid dalk
nadelig mag beïnvloed.
Derdens moet ‘n volledige detailbegroting vir elke gewas en ver-
bouingspraktyk opgestel word. Dit moet insluit die opbrengs,
verkoopprys asook die direkte koste sodat die bruto marge
bereken kan word.
Vierdens moet die rendement wat op die insette verdien word,
bepaal word. Dit word gedoen deur die inkomste deur die uit-
gawes te deel. Die rendement wys dus uit hoeveel verdien
word vir elke rand wat gebruik is.
Bepaal vyfdens die beperkings verbonde aan produksie van die
verskillende gewasse.
Let veral op die meganisasie van die boerdery – wat stroper-
kapasiteit insluit. Sommige gewasse, soos sonneblom en
sojabone, kan gelyk ryp word en dan kan daar dalk verliese
voorkom. Die plantvenster vir die gewas is beperk, so planter-
kapasiteit kan ‘n beperking wees.
Maak seker dat die vorige onkruiddoderprogramme wat ge-
bruik is, nie dalk die opvolggewas kan benadeel nie.
Wees veral bedag op die ligging van die lande.
Lande naby woongebiede kan geplunder word.
Sommige lande is dalk te koud vir die gewasse.
Sommige lande het ander beperkings wat gewasse betref,
byvoorbeeld dat dit te nat is.
Maak seker dat die grondsoort geskik is vir die verbouing
van die gewas. Swaar turfgronde kan nie noodwendig vir die
verbouing van grondbone aangewend word nie.
Ses: Bepaal hoeveel geld beskikbaar is vir die verbouing van
gewasse.
OP PLAASVLAK
Verbouingsprogram / Produksiestelsels
Bestuurspraktyke
– Deel 2
PIETMAN BOTHA,
SA Graan/Grain
medewerker
Graan SA/Sasol fotokompetisie
– Tiani Claassen 2015