Background Image
Previous Page  83 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 83 / 116 Next Page
Page Background

JOU KEUSE!

Geen twee plase is ooit dieselfde nie. Dis waarom

PANNAR ’n heel-plaas-benadering volg. Wat ook al jou

gewassamestelling of boerderypraktyk, ons het die

regte produkkombinasie vir jou. PANNAR bied ’n

omvattende gewasportefeulje en keuse van kultivars,

wat aan jou gemoedsrus bied dat al jou gewasse van ’n

enkele, betroubare bron afkomstig is wat elke seisoen

resultate lewer.

PRODUKKOMBINASIES

VIR SUKSESVOLLE

BOERDERY.

2016/CORP/A/015A

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

Saam boer ons

vir die toekoms

UITSONDERLIKEPRODUKTE

ENGEWASPAKKETTE

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

OPTIMALISEER

PRODUKSIE

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2016 PANNAR BPK

81

In die sewende plek moet bepaal word hoeveel lande vir watter

gewas aangewend kan word.

In die agtste plek moet die beperkende geld verdeel word

volgens die rendemente van hoog tot laag. Bly egter binne die

beperkings van die gewas. Hou vol tot die totale bedrag be-

skikbaar vir graanverbouing verdeel is.

Bepaal laastens die verwagte bruto marge vir die boerdery.

Deur hierdie metode te volg, word daar seker gemaak dat elke

boerdery sy eie unieke verbouingsprogram ontwikkel – wat kan lei

na die generering van die maksimum wins waartoe die boerdery in

staat is. Dit beteken dat die beperkings van die boerdery in aanmer-

king geneem word. Die rendemente word gemaksimaliseer as die

geld beperkend is en dié stap sal die besigheid se wins maksimali-

seer deur die optimale kombinasie van gewasse wat verbou kan

word, saam te stel.

Maak seker dat realistiese opbrengste en produkpryse gebruik

word. Weens ‘n tekort aan gewasse, is die meeste grane en olie-

sade se pryse tans naby invoerpariteit. Sodra ‘n spesifieke produk

meer as die vraag daarvoor geproduseer word, sal die pryse na

uitvoerpariteit daal en kan dit produsente negatief affekteer.

As aanvaar word dat die mielieverbruik in die land 11,51 miljoen ton

(5,86 miljoen ton wit en 5,65 miljoen ton geel) is en daar word meer

as dit verbou, kan mieliepryse van invoerpariteit (soos dit tans is) na

uitvoerpariteit daal.

Gegewe die huidige omstandighede, kom dit op R1 500/ton verskil

vir geelmielies neer. Die daling vir witmielies kan nog heelwat meer

wees. As jy besluit om ‘n sekere gewas te verbou, is prysverskansing

noodsaaklik.

Gegewe die reënval, is daar vir elke gewas en verbouingspraktyk

‘n verwagte opbrengs. Die grond se fisiese eienskappe en chemiese

ontledings sal dit bepaal. Marginale gronde moet verkieslik nie

geplant word nie. Vestig dit met weiding en benut dit só.

Kom ons neem ‘n praktiese voorbeeld om te demonstreer hoe die

berekeninge in die stelsel sal werk:

Mnr Swaartrek boer in die Putsonderwater-omgewing en het

500 ha lande beskikbaar vir graanverbouing. Weens die droogte, is

daar vanjaar net R2 miljoen beskikbaar vir graanverbouing. Op die

plaas is dit moontlik om drie gewasse, naamlik AA, BB en CC te

verbou.

Gewas AA het drie verbouingstelsels waarvan gekies kan word.

Die eerste een se opbrengs is 4 t/ha en die koste is R5 411/ha.

Die tweede een se opbrengs is 4,5 t/ha en die produksiekoste is

R6 799/ha, terwyl die laaste een se opbrengs 2 t/ha en die produk-

siekoste R4 000/ha is.

Weens onkruiddoder wat voorheen gebruik is, kan net 250 ha met

gewas BB en CC beplant word. Die stroperkapasiteit is beperkend

vir gewas BB en gewas CC. Vir gewas BB kan derhalwe net 200 ha

gestroop word en vir gewas CC net 100 ha. Daar is geen beperking

vir gewas AA se verbouing nie en die hele 500 ha kan beplant word.