Background Image
Previous Page  81 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 81 / 116 Next Page
Page Background

’N GOEIE KEUSE!

Afrika is nie net ’n plek nie; dit is ’n gevoel. As ’n Afrika-

maatskappy deel PANNAR jou liefde vir hierdie

vasteland en jou respek vir die veeleisende toestande.

Ons kombineer ons plaaslike ervaring en begrip met die

beste internasionaal-beskikbare, innoverende praktyke,

om aan Afrika-boere dinamiese, maar praktiese

boerderyoplossings te bied.

2016/CORP/A/014A

’N GOEIE BEGRIP VIR

PLAASLIKE TOESTANDE.

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

Saam boer ons

vir die toekoms

UITSONDERLIKEPRODUKTE

ENGEWASPAKKETTE

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

OPTIMALISEER

PRODUKSIE

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2016 PANNAR BPK

79

Nog ‘n voorbeeld van hierdie teenstrydighede is die sterk en posi-

tiewe korrelasies tussen klein onoplosbare glutenien en lae brood-

volume van besproeiingskoring terwyl dieselfde proteïenfraksie in

droëlandkoring uit die somerreënvalgebied ook sterk maar negatief

met lae broodvolume korreleer.

Opsommend kan die volgende vrae uit hierdie studie dus soos volg

beantwoord word:

Is proteïeninhoud ‘n goeie maatstaf vir

broodkwaliteit?

Waarskynlik nie, maar dit geld steeds as een van die maatstawwe

wat internasionaal deur graanafnemers gebruik word om koring te

klassifiseer en te gradeer. As norm in die plaaslike graderingskaal

vir broodkoring kan dit teen produsente diskrimineer, aangesien ‘n

aanvaarbare brood vir ‘n laer koringprys verkry kan word.

Dit word ook om dieselfde rede in kultivarontwikkeling as ‘n on-

realistiese vrystellingsnorm van nuwe koringkultivars gebruik. Hoë-

opbrengs korreleer dikwels negatief met proteïeninhoud – wat

beteken hoë proteïeninhoud ontneem produsente die voordeel van

hoë-opbrengs genotipes.

Kan proteïenkwaliteit proteïeninhoud as

maatstaf van broodkwaliteit vervang?

Nie in die nabye toekoms nie. Alhoewel konsentrasies van die

proteïenfraksies wat belangrik is vir broodkwaliteit al hoe meer

akkuraat deur nuwe proteïenskeidingstegnieke gemeet kan word,

gaan omgewing en veral die klimaatsomgewing steeds sorg vir

groot variasie daarvan.

‘n Moontlike oplossing sal wees om navorsing in hierdie verband op

meer proeflokaliteite te doen om sodoende die omgewingseffek te

probeer uitskakel. Die dinamika rondom die verskillende proteïen-

fraksies in koring verleen wel ‘n groter waarskynlikheid om tenden-

se te bepaal wat aan goeie broodkwaliteit gekoppel kan word.

Hoe behaal die koringprodusente

optimale proteïenvlakke in hul koring?

Die klimaat van die drie hoofproduksiestreke, wat temperatuur en

reënval insluit, verskil drasties van mekaar en ‘n koringprodusent

het geen beheer daaroor nie. ‘n Koringprodusent kan wel die pro-

duksie-omgewing manipuleer deur kultivars wat goed aangepas

is vir ‘n spesifieke omgewing te kies, vogbewaring tydig en korrek

toe te pas en die regte bemesting akkuraat toe te dien. Veral bemes-

ting op die regte stadium van plantontwikkeling is baie belangrik

met die oog op goeie proteïeninhoud van graan.

Daar is ook ‘n internasionale inisiatief geloods om koringkiem-

plasma te identifiseer wat nie die sterk negatiewe korrelasie tussen

proteïeninhoud en graanopbrengs toon nie. Die outeurs bedank

graag die Wintergraantrust vir die befondsing van hierdie projek,

asook vir me Chrissie Miles en mnr Barend Wentzel wat broodkwali-

teit in hul laboratoriums geanaliseer het.

Enige verdere navrae kan aan Robbie Lindeque gerig

word by 058 307 3439 of

lindequerc@arc.agric.za .