Background Image
Previous Page  55 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 55 / 116 Next Page
Page Background

Produk-inligting

V

an Zyl Staalwerke (VZS) bied ‘n verskeidenheid oplossings

vir vandag se uitdagings in enige boerderypraktyk.

By VZS word produkte nie net vervaardig nie, maar lewer

ons ook ‘n diens deur herstelwerk en verkope van onderdele deur

drie takke. Met ‘n reputasie wat meer as 35 jaar jonk is, verstaan

ons die taal van produsente en word ‘n diens gelewer wat wyer strek

as die Oos-Vrystaat.

Oor die afgelope tydperk is baie aandag geskenk aan verskeie tip-

en sleepwaens. Uit hierdie ondersoek en ontwikkeling het verskeie

nuwe produkte die mark betree en bo-verwagte resultate gelewer.

Bykans alle modelle is deur die National Regulator for Compulsory

Specifications (NRCS) goedgekeur en op die National Traffic Infor-

mation System (eNaTIS) stelsel.

Sy-tipwaens

Met ‘n opsie tussen ‘n 20 000 liter en 26 000 liter sleepwa, word

verskuiwing van graan vergemaklik en ook lewering meer effektief.

Alle materiaal word voorsien deur ‘n netwerk van ons sleutel-

verskaffers wie se produkte van hoë gehalte is. Die sleepwaens

kom standaard met ‘n seil, hak agter om meer as een sleepwa te trek

en ook die koppelstuk vir die ligte.

Dubbelas-tipwa

Tans een van die eenhede wat uitstekende resultate lewer. Ontwerp

met die doel om ‘n tipwa vir meer as een taak aan te wend. Opsioneel

met kuilvoerkante of vaste kante wat dit dan ook moontlik maak om

graan te skuif.

Die boonste raam kan afbout en is dan geskik om as normale tipwa

te gebruik vir algemene werk. Die dubbel-as sisteem gee meer sta-

biliteit en die tipwa kan met ‘n kleiner trekker hanteer word. Verder

word die reeks ondersteun deur verskillende opsies met betrekking

tot tipwaens wat strek vanaf 3 ton tot 15 ton tipwaens.

Implementvervoerwerktuie

Met implemente wat vergroot, het die verskuiwing daarvan ook ‘n

groter uitdaging geraak. ‘n Verskeidenheid opsies is beskikbaar.

Alle modelle sak tot op die grond om laai en ontlaai te vergemaklik

en word ontwerp met ‘n unieke sisteem in die onderstel wat beter

stabiliteit bied. Ontwerp met ‘n swaardiensstelsel om geenbewer-

kingsplanters te akkommodeer.

Nuwe ontwikkeling

Volhoubaar, ‘n woord wat al baie in landbou gebruik word, maar

net só is volhoubaarheid deel van ons bestaan om voortdurend te

verbeter en te onwikkel. Tegnologie en ontwikkeling is deel van ons

wese om die produsent volhoubaar te help boer.

Deel van die nuwe ontwikkeling sluit in, ‘n tipwa, ontwerp vir die

groentebedryf, gebou uit domex-staal.

Ook nuut in ons stal, is ‘n opvoubare landskaaf met ‘n 7 m werks-

wydte.

53

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

NIEL MARAIS,

Van Zyl Staalwerke

1: Die 26 000 liter tapkar.

2: Die 26 000 liter sy-tipwa.

3: Die 10 ton dubbelas-tipwa.

4: Die 15 ton dubbelas-tipwa.

5: Die implementvervoerwerktuig.

Skandeer die QR-kode vir meer

inligting oor Van Zyl Staalwerke.

1

2

3

4

5