Background Image
Previous Page  52 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 52 / 116 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Augustus 2016

50

‘n Bandereeks vir uitmuntende

prestasie op enige terrein

B

KT, die bandevervaardiger en voorloper in die

off-highway

bandebedryf, het hul flotasie-bandereeks vir landbousleep-

waens vergroot en verbeter deur drie nuwe bande bekend

te stel wat aan alle toepassingstandaarde voldoen. Die

toetse is in Seregno, Italië gedoen.

Die nuwe bande, FL-630 Ultra, FL-635 en Ridemax FL-698, is tydens

die Reifen skou in Essen, Duitsland bekend gestel en is klaar in

die mark beskikbaar. Hierdie bande gaan beslis die flotasie-reeks

‘n goeie hupstoot gee. Die reeks het tot op hede bestaan uit die

FL-630, wat verlede jaar suksesvol by die SIMA Parys skou bekend

gestel is. Verdere bande in die reeks is die FL-630 Plus, FL-639 en

Ridemax FL-693 M.

Die BKT flotasie-reeks is ontwerp vir gebruik op ‘n teerpad as ook

in die veld en graslande. Die bande word gekenmerk vir hul voor-

treflike flotasie-eienskappe wat minder impak op die grond verseker.

Die weerstandbiedende struktuur bied uitstekende traksie en

perfekte houvas, selfs in draaie en ander bewegings en stuur van

die masjien of trekker. Nie net verseker die besonderse loopvlak-

ontwerp ‘n behoorlike greep op alle terreine nie, maar dit het ook ‘n

unieke selfskoonmaak-funksie.

‘n Nylon-omhulsel en poliëster-gordels van die FL-630 Ultra,

FL-635, FL-630, FL-630 Plus en FL-639 bied stewigheid en weerstand,

benewens die noodsaaklike buigbaarheid wat benodig word om

by enige terrein en toestande aan te pas. Die groot loopvlakopper-

vlakte asook die besonderse kapverspreiding sorg vir homogene

vragverspreiding wat grondkompaksie voorkom.

Die bandgroottes FL-630, FL-630 Plus en FL-639 bande is hoofsaak-

lik ontwerp vir die toepassing op lande (70% veld en 30% pad).

Tog wys die nuwe weergawe van die FL-630 Ultra ‘n effense ver-

andering in ontwerp wat meer kap insluit, asook ‘n versterkte

bead

area wat die band meer weerstand gee. Die band kan gebruik word

op paaie (50%) en in die veld (50%).

Nog ‘n nuwe toevoeging tot die flotasie-reeks is die FL-635: Die

perfekte band vir beide veld- en padgebruik. Die loopvlak is spesiaal

ontwerp vir toepassing op ‘n strooibaler in graslande.

Ridemax FL-698, FL-630 Super en Ridemax FL-693 M bande

word gekenmerk vir die straallaag

all steel

struktuur, gemaak van

besonderse weerstandige staalgordels wat optimale fermheid en

stabiliteit aan die band verleen. Die unieke loopvlakontwerp maak

die bande besonders gepas vir verskeie gebruike op basies alle

terreine en oppervlaktes. Die groot voetspoorarea sorg vir perfekte

vragverspreiding op lande wat grondkompaksie beperk en beter

vragkapasiteit tot gevolg het. Hierdie is ‘n noodsaaklike funksie vir

bande wat spesiaal gemaak is vir sleepwaens, tenkvragmotors en

spuittoerusting.

BKT het, met die produsent in gedagte, bygevoeg tot die flotasie-

reeks. Die reeks verminder skade aan lande deur grondkompaksie

te verlaag en só ook ‘n beter oes-opbrengs te lewer. Ander verbete-

ringe tot die bandeienskappe is ‘n verlengde leeftyd asook hoër

dravermoë teen ‘n hoër spoed. Die flotasie-reeks is só ontwerp om

as belegging te dien vir elke produsent. Die produsente word veral

in gedagte gehou wanneer dit kom by die BKT Ultra, want ons almal

vat van tyd tot tyd die trekker bietjie op die pad.

Tubestone is die trotse asook eksklusiewe BKT groothandelaar in

Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Zimbabwe. Met ‘n mededin-

gende landbou- asook industriële sektor, is die aanvraag vir kwali-

teit bande baie groot. Die maatskappy voldoen aan hierdie aanvraag

en voorsien die oplossing: BKT.

Dit is ‘n handelsmerk waarop ‘n produsent maar kan staatmaak.

Vir meer besonderhede aangaande die flotasie-reeks, Tubestone

produkte en dienste of meer, besoek gerus hul webtuiste.

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

LARA DE GOEDE,

bemarkingsadministrateur: Tubestone

Die bandgroottes FL-630, FL-630 Plus en FL-639 bande (voorbeeld in die

foto) is hoofsaaklik ontwerp vir die toepassing op lande (70% veld en

30% pad). Die groot loopvlakoppervlakte asook die besonderse kapver-

spreiding sorg vir homogene vragverspreiding wat grondkompaksie

voorkom.

‘n Voorbeeld van die Ridemax FL-690 band.