Background Image
Previous Page  23 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 23 / 116 Next Page
Page Background

21

August 2016

GRAAN SA

Bewaringslandbou

Landboupraktyke is een van daardie onderwerpe wat altyd rele-

vant sal wees, want sodra daar nuwe inligting beskikbaar raak en

namate die omgewing verander, word die verandering van prak-

tyke soms genoodsaak.

Grafiek 9

wys dat daar nie ‘n dominante

bewerkingspraktyk toegepas word nie, maar eerder ‘n kombinasie

van metodes. Hierdie resultaat beaam ook waarom produsente

bewaringslandbou as ‘n navorsingsfokus uitgewys het.

Finansiering

Een van die negatiewe gevolge van ‘n droogte, soos die afgelope

seisoen ervaar is, is produsente se vermoë om hul produksie-

skuld te diens. Graan SA wou ‘n idee kry van die omvang van

die skuld asook produsente se hoofbron van produksiekrediet.

Grafiek 10

gee ‘n aanduiding van die skuldsituasie waarin produ-

sente hul bevind. Soos gesien kan word in

Grafiek 11

, is landbou-

besighede die grootste bron van produksielenings gevolg, deur

kommersiële banke.

NAMPO Oesdag

Die NAMPO Oesdag is een van Graan SA se grootste inskrywings

op die kalender en dit is verblywend om te sien dat 89% van die

respondente NAMPO bywoon. Dit blyk nie net ‘n lekker uitstappie

vir die produsente te wees nie, maar ook vir hul gades, aangesien 70%

aangedui het dat hul gades die dag met hul meemaak – hoewel net

31% hul plaaswerkers saamvat NAMPO toe. In Deel 2 van dié artikel

sal nog resultate wat uit die meningspeiling gekom het met fokus

op weer, die droogte, produksie-inligting, beleidsake, plaasveiligheid

en volhoubaarheid op plase bekend gemaak word.

Kyk gerus uit vir jou volgende uitgawe van die

SA Graan/Grain.

Moet

dit nie misloop nie.

‘n Meningspeiling

Grafiek 9: Bewaringslandboupraktyke.

Grafiek 11: Bron van produksielenings.

Grafiek 10: Boerderyskuld.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Amanda van Blerk 2012