AC van Wyk van ACH Boerdery naby Bultfontein het sy eie en sy
broer se seun kom wys dat daar net so ‘n Moline-trekker in die Engen
Museum is as wat hulle op die plaas het. Coenraad staan langs sy pa
en Jean-Luc sit op die trekker se as.
René en Dianna Viljoen (Krugersdorp) het kom inloer by die Museum
(agter die ledelokaal en naby die Fanie Ferreira-saal) om na die “nuwe”
gerestoureerde 1934 Chevrolet 1½ ton Truck Master te kom kyk.
Jaco Zeeman het in 2010 begin met die restourasiewerk aan dié
Chevy wat Kotie Roux aan NAMPO geskenk het.
Die sleutel tot goeie risikobestuur is diversifikasie.
PANNAR se voortreflike geelbasterpakket met
verskeie groeiklasse en agronomiese eienskappe
behoort ’n goeie opbrengs op jou belegging te
lewer.Vertrou op PANNAR se geelbasters en
kundige advies vir optimale produksie.
® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2016 PANNAR BPK
2016/YMAIZE/A/03A
www.pannar.com infoserve@pannar.co.zaSaam boer ons
vir die toekoms
™
GEWAS TOT KRIP:
GEELBASTERS OM
DIE VEEBEDRYF
TE VOER.
UITSONDERLIKEPRODUKTE
ENGEWASPAKKETTE
ULTRAMODERNE
NAVORSINGEN
ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE
GEWASVOORSORG
OPTIMALISEER
PRODUKSIE
GEWASBESKERMINGS-
BESTUURSPRAKTYKE
Nuwe gesigte by organisasie
CORETHA USHER,
Menslike Hulpbronne beampte: Graan SA
B
aie welkom aan die twee nuwe personeellede wat op 1 Julie
vanjaar by Graan SA begin het.
Luan van der Walt is as ekonoom aangestel. Hy kom oor-
spronklik van Middelburg in die Oos-Kaap en het landbou-ekono-
mie by Kovsies studeer. Sy belangstellings strek van boerdery en
buitelewe tot sport en lees. Hy kom vanuit ‘n landbou-agtergrond
en daarom is landbou en die bevordering daarvan vir hom ‘n groot
passie. Luan hou daarvan om met mense te werk en is maklik aan-
pasbaar in verskillende omgewings.
Dié nuwe ontvangsdame van Graan SA, Clarissa Chinian, is ‘n jong,
energieke dame wat altyd reg is vir ‘n uitdaging. Sy hou daarvan
om nuwe dinge aan te leer en ander te help. Sy het meer as 14 jaar
se ondervinding in administrasie, ontvangs en kliëntediens en wil
graag in die toekoms haar vaardighede uitbrei deur verdere studies.
Clarissa is getroud en het twee dogters. Sy is lief daarvoor om saam
met haar familie en vriende te kuier; kyk graag fliek en hou van dans
en musiek luister.
1: Luan van der Walt
2: Clarissa Chinian
15
1
2