Background Image
Previous Page  14 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 14 / 116 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

NAMPO 2016

Spesiale

Augustus 2016

12

Dié tweeling-broers, Ronald en Bernard Goldberg (oorspronklik van

Viljoenskroon), is van die begin van die Oesdag op NAMPO Park as

vrywillige werkers by die geleentheid betrokke. Bernard was destyds

in beheer van die terrein en sy broer, Ronald, het in 1994 nadat hy na

Amerika verhuis het, by hom oorgeneem. Ronald was nog tot 2011 by

die Oesdag betrokke. Hulle stal ook elke jaar houtmeubels by die

Oesdag uit en Bernard kom dan spesiaal van Amerika af om te kom

hand bysit by die stalletjie.

Nasie in Gesprek

is weer vanjaar by die Oesdag aangebied en aktuele

kwessies in die landbousektor is bespreek. By die gesprek

Policy mat-

ters

was Theo Vorster (gesprekleier) saam met van die paneellede:

Jannie de Villiers, dr John Purchase (hoofuitvoerende beampte: Agbiz),

Francois Strydom (besturende direkteur: Senwes), TP Nchocho

(uitvoerende hoofbestuurder: Land Bank) en Hamish McBain

(afgetrede uitvoerende direkteur: Tiger Brands).

Gerhard Diedericks (hoof: Santam Landbou), links, en Quinten Matthew

(uitvoerende hoof: Spesialiteitsbesigheid, Santam), tweede van regs,

het die prag skildery as verjaarsdaggeskenk aan die NAMPO Oesdag

(waarvan die 50ste een vanjaar gehou is) gegee. Jannie de Villiers en

Andries Theron het die geskenk in ontvangs geneem.

Cobus van Coller (voorsitter: NAMPO Oesdagkomitee) het seker

gemaak hy knyp ‘n tydjie af om NAMPO saam met sy seun, Janico,

te geniet. NAMPO is natuurlik die ideale geleentheid vir ‘n pa om dié

vertoonvenster van Suid-Afrikaanse landbou aan sy seun te wys.

Met ‘n dankbare hart ontvang Francois Strydom ‘n tjek van R1 miljoen

van Mike Stead (bestuurder: Kommersiële brandstof, Engen) vir die

Droogterampfonds. Senwes het hierdie skenking weer aan

Johannes Möller (regs) van Agri SA oorhandig om ‘n positiewe

verskil aan produsente in die droogtegeteisterde gebiede se

omstandighede te maak.

Tydens ‘n funksie wat Absa AgriBesigheid vir hul kliënte die Woensdag-

aand gehou het, het Ernst Janovsky, Wessel Lemmer (albei van Absa

AgriBesigheid) en Johan van den Berg (Santam Landbou) onder andere

gesels oor die breë ekonomie (en spesifiek die Absa Agri Outlook),

markte vir graangewasse en klimaatsverandering en -veranderlikheid.

Fotobeeld van die NAMPO Oesdag