Augustus 2016
18
Wat Graan SA se produsente sê:
‘n Meningspeiling
V
ir die eerste keer in Graan SA se geskiedenis het al die af-
gevaardigde produsente geleentheid gehad om gelyktydig
te praat en hul mening te lug tydens die 2016 Kongres in
Maart vanjaar – en dit sonder om ‘n woord te sê!
Elke produsent is toegerus met ‘n stemtoestel om ‘n reeks vrae te
beantwoord waarna die resultate op die grootskerm vertoon is. Die
vrae is opgestel om produsente se gevoel oor sekere kwessies te
toets asook meer inligting rakende produsente se omstandighede
op die plaas uit te lig. Sommige reaksies was kommerwekkend,
terwyl ander vir ‘n ligter oomblik gesorg het.
Die terugvoer wat deur die meningspeiling ontvang is, is baie
interessant en daar is besluit om die resultate met
SA Graan/Grain
se lesers te deel.
Demografie
Die Vrystaat was die mees verteenwoordigende provinsie met
42% deelnemers gevolg deur Noordwes Provinsie wat 24% van die
224 lede wat aan die peiling deelgeneem het uitgemaak het.
Hoewel die meeste produsente tussen die ouderdom van 36 tot 45
was, was dit interessant om te sien dat 54% van die deelnemers
onder die ouderdom van 45 is en 46% deelnemers ouer as 45 is.
Inligting en tegnologie
Sonder betroubare en akkurate inligting, is dit onmoontlik om
produksie- en bemarkingsbesluite te neem. Graan SA wou uitvind
wat ons produsente se bronne van inligting is, hoe hul die inligting
aanwend om besluitneming te ondersteun en watter tegnologie hul
ter ondersteuning hiervan gebruik.
Die meeste produsente (41%) verkies om verskeie bronne van inlig-
ting te raadpleeg. Naas ‘n kombinasie, word handelaars die meeste
gebruik, gevolg deur landboubesighede en Graan SA (
Grafiek 1
).
Studiegroepe bly ‘n belangrike bron van inligting vir produsente,
waar inligting gedeel en bespreek word. Byna twee derdes van die
deelnemers behoort aan ‘n studiegroep.
Tegnologie is deesdae deel van ons alledaagse lewe en speel ook
‘n toenemende belangrike rol in ‘n produsent se besigheid. Die doel
van dié vrae was om te toets hoeveel produsente tegnologie in hul
besighede gebruik, tot watter mate hul besluite daarop baseer en
hoe maklik/moeilik hul by die inligting baat vind.
Die resultate wat in
Grafiek 2
en
Grafiek 3
uitgebeeld word, wys
dat die meeste produsente oor ‘n slimfoon beskik en dit as ‘n bron
van inligting sien met behulp waarvan hul besluite kan neem.
Die gebruik van tablette is nog nie so gewild soos die gebruik
van slimfone nie, maar word deur ongeveer twee derdes van die
respondente gebruik. Hoewel sein op plase en landelike gebiede ‘n
uitdaging bly, het 92% van die deelnemers ‘n gedeeltelike tot vol sein
op hul plase.
Die meeste produsente (meer as 90%) is bereid om inligting
op ‘n anonieme basis met Graan SA te deel. Die inligting sluit
plant- populasie-, kultivar-, lone-, gewasbeskermingsprogramme-,
kunsmis- en opbrengsinligting in. Ongeveer 65% van produsente
meet hul plaas se winsgewendheid en volhoubaarheid aan
bedryfsnorme.
Vanuit die resultate het dit duidelik geword dat produsente baie
inligting op ‘n gereelde basis insamel en dit moet verwerk om
besluite daaruit te neem. Hoewel dit maklik klink, kan hierdie
proses baie uitdagend wees en daar word nie altyd voordeel getrek
uit groot hoeveelhede beskikbare inligting nie.
Grafiek 4
wys dat meer as die helfte van die produsente voel dit is
moeilik om inligting wat op die plaas genereer word, te integreer
en te verwerk. Die stelling word ondersteun deurdat 77% van die
respondente ‘n behoefte uitgespreek het aan ‘n diens wat hul kan
ondersteun om plaasdata te integreer (
Grafiek 5
).
Hoewel die implementering daarvan gewoonlik in fases geskied,
is die toepassing van presisieboerdery ‘n onderwerp wat al ‘n ge-
ruime tyd aandag in die graanbedryf geniet. Dit was interessant om
te sien dat 80% van die produsente wat aan die peiling deelgeneem
het, wel presisieboerderybeginsels op hul plase toepas en 72% van
dié wat van presisiekonsultante gebruik maak, baie tevrede was met
die diens wat hul ontvang.
Grafiek 6
toon dat die meeste produsente nog self of met die hulp
van ‘n familielid hul toerusting bestuur. Weinig maak van kontrak-
teurs gebruik.
Navorsing
Navorsing is krities vir die volhoubaarheid van landbou. Ewe belang-
rik is die feit dat navorsing gefokus moet wees op die regte knel-
punte, dat dit relevant is vir probleme wat op plaasvlak ondervind
word en die resultate tydig aan die verskillende rolspelers ge-
kommunikeer word.
Boeredae word gesien as een van die hoofbronne vir navor-
singsinligting gevolg deur
SA Graan/Grain
en die webblad en ander
bronne (
Grafiek 7
).
Soos gemeld, is die fokus van navorsing krities en daarom was dit
vir Graan SA belangrik om uit te vind wat produsente as fokusareas
van navorsing sien. Ongeveer ‘n derde (34%) van die respondente
voel dat navorsing op bewaringslandbou moet fokus, gevolg deur
teling (
Grafiek 8
).
Navorsing bestaan uit verskeie komponente en kan teoreties, prak-
ties of ‘n kombinasie van die twee wees. Die sukses van enige
navorsingsprojek is deelname. Deelname lei nie net tot die sukses-
volle voltooiing van ‘n projek nie, maar lei ook tot die vra van nuwe
navorsingsvrae.
Dit is baie verblydend om te sien dat 91% van die produsente
proewe op hul plase onderneem en dat 77% bereid is om aan
navorsingsprojekte deel te neem. Dit is ‘n bewys dat produsente
toegewyd is tot die proses om antwoorde te vind op onbeantwoor-
de vrae.
GRAAN SA
LANDI KRUGER,
datawetenskapkoördineerder: Graan SA
– DEEL 1