Background Image
Previous Page  16 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 16 / 116 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

NAMPO 2016

Spesiale

Augustus 2016

14

Van die Boerepatentekompetisiepryswenners kon nie die prysoor-

handiging bywoon nie. Dié wat beskikbaar was vir die foto, is

Johan Swanepoel (Bothaville) en sy dogtertjie, Gerrit Smith (Klerks-

dorp), Burgert Terblanche (Verkeerdevlei), Stan Jerling (Hennenman),

Jan Jacobs (Parys), Nicoline Goosen (Botswana), Bertus Goosen

(Botswana) en Willie Crous (Klerksdorp). Afwesig is Samantha Goosen,

Jannie Myburgh, Henco Crous, Soene Crous en die studente van die

Universiteit van KwaZulu-Natal (Zukile Xelelo, Rebecca Nkhata en

Siphiwe Mdlalose) wie se patent (‘n sojamelkekstraheerder) nie uit-

gestal is nie, maar waarvan daar ‘n video beskikbaar was.

‘n Afvaardiging van die French Trade Commission by Graan SA se

NAMPO Oesdag: Bernard Leloup, Christopher Monnot,

Alexandre Lasserre, Neels Blignaut, Kai Goldsmith, Olivier Ruffo

en Nathian de Villenaut.

Graan SA en Omnia se personeel het weer eens hard gewerk om

van die Boerepatentekompetisie ‘n sukses te maak. Op die foto is

Donald Brink (Omnia), Adriaan de Lange (besturende direkteur: Omnia),

Louis Strydom (hoofbestuurder: Bemarking, Omnia), Hannes Haasbroek

(hoofbestuurslid: Graan SA), Andries Theron, Henning Botes (Omnia),

Jannie de Villiers, Derek Wessels (Omnia) en Chris Schoonwinkel (hoof-

bestuurslid: Graan SA) tydens die prysoorhandiging op Donderdag,

19 Mei 2016, om 12:00.

By die uitstalruimte van die Ambassade van Israel het die hoof

uitvoerende beampte van Shneor Seed, Jacob Herzog, nog ‘n buite-

landse besoeker, Shino Hemang (Botswana), meer vertel oor hulle

reeks produkte. Die maatskappy se groentesaad het ‘n langer raklewe

en groter weerstand teen ‘n wye verskeidenheid virusse.

By die Italian Trade Commission het FACMA hul nuwe makadamianeut-

oester, SEMEK 1000, by NAMPO bekend gestel. Hierdie implement is

geskik vir die versameling van haselneute, okkerneute, makadamia-

neute, amandels en pekanneute. By die SEMEK 1000 staan

Hendrik Cronjé (verkoopspersoon) en Piet Greyling (drywer)

– albei van South African Mechanisation.

Fotobeeld van die NAMPO Oesdag

Mohammed Essay (handelspesialis: Amerikaanse Konsulaat) het seker

gemaak dat Oesdaggangers meer te wete kom oor die verskeidenheid

Amerikaanse kommersiële landboubesighede.