Background Image
Previous Page  13 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 13 / 116 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

NAMPO 2016

Spesiale

11

August 2016

Lede van die Demokratiese Alliansie (DA) het ‘n ogie kom gooi oor die

verloop van Graan SA se NAMPO Oesdag en het gestaan vir ‘n foto saam

met die organisasie se uitvoerende hoofbestuurder en visevoorsitter:

Dean MacPherson (Adjunk-skaduminister van Handel en Nywerheid),

Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA), Andries

Theron (visevoorsitter: Graan SA), Annette Steyn (Skaduminister van

Landbou), David Ross (lid van die parlement), Mmusi Maimane (leier van

die DA) en Geordin Hill-Lewis (lid van die parlement).

Mamosa Molapo (Adjunk-minister van Landbou, Lesotho), PJ Bouwer

(besturende direkteur: Nedbank Lesotho), Pakalitha Mosisili (Eerste

Minister van Lesotho), Mapalesa Mothokho (Minister van Landbou,

Lesotho) en Victor Mongoato (gekoöpteerde Dag- en Hoofbestuurslid:

Graan SA) het ‘n vinnige koppie koffie en verversings in die BBP-lokaal

genuttig voordat hulle deur NAMPO Park gestap het.

Palesa en Challa Maholi, produsente van die Boshof-distrik (wat

deel is van Jane McPherson van Graan SA se Landbou-ontwikkelings-

program), het ook ‘n draai op NAMPO Park gemaak.

Dr Toto Hewu (Mielietrust) het ook vanjaar die NAMPO Oesdag besoek

en oor ‘n koppie tee met Preline Swart (visevoorsitter: Graan SA) in die

BBP-lokaal gesels.

Hierdie studente van Lichtenburg se Taletso FET College het van

die geleentheid gebruik gemaak om hul kennis oor landbou en veral

voedselsekerheid uit te brei: Johannes Khobo, Johannes Vitas,

Tau Kgotso en Motsela Welcome.

Vos Botha (GWK), Gerhard Bruwer (Graan SA-hoofbestuurslid),

Vickie Bruwer, Reg Meintjies en Hannes Bruwer – almal van Douglas

– het ook die Oesdag kom meemaak. Die Bruwers van Genade Boerdery

is verlede jaar as Graan SA/Syngenta se Graanprodusent van die Jaar

aangewys.

Fotobeeld van die Graan SA NAMPO Oesdag (Deel 3)

ESTIE DE VILLIERS, ELMARIE HELBERG, LOUISE KUNZ, HANNO SEEGERS

en

ADRI THERON,

SA Graan/Grain

-medewerkers