Background Image
Previous Page  15 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 15 / 116 Next Page
Page Background

Joernaliste het tydens NAMPO toegang tot die Mediasentrum

waar hulle onder andere onderhoude met verskaffers voer. Hier is

Vida Booysen (sakejoernalis van Media 24) besig om ‘n onderhoud te

voer met Louisa Parker-Smith van Agco (sy is bemarkings- en

kommunikasiehoof van Massey Ferguson).

Die veekompleks het soos gewoonlik ‘n reuse-verskeidenheid groot- en

kleinvee gehuisves. Hierdie Vleismerino staan rustig in sy hok en verkyk

hom aan die mense. Skaapskeer-, wolklas- en hanteringsdemonstrasies

kon daagliks vanaf 14:00 tot 17:00 by die Skaapkompleks gesien word

en het soos gewoonlik baie belangstelling gelok.

Daar het stilte by die Muur van Herinnering geheers terwyl dié man

name soek van produsente en gesinne wat hulle lewens verloor het as

gevolg van plaasmoorde. Familie en vriende is versoek om tydens hul

besoek aan NAMPO Park seker te maak dat die besonderhede van die

slagoffers korrek is. Dit kan ook op die webtuisste,

www.muur.co.za ,

nagegaan word.

Ons help jou om die hoë opbrengste vir

’n vooruitstrewende boerdery te behaal.

Ons witbasterpakket is ’n seker keuse vir

goeie risikobestuur en optimale opbrengste.

Ons is verbind tot jou sukses.

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2016 PANNAR BPK

2016/WMAIZE/A/01A

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

Saam boer ons

vir die toekoms

ONS IS DAARIN VIR

DIE LANG TERMYN.

UITSONDERLIKEPRODUKTE

ENGEWASPAKKETTE

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

OPTIMALISEER

PRODUKSIE

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

13

Avontuurlustige Oesdaggangers het elke dag om 10:00 en 14:00 na

die 4x4-hindernisbaan gestroom om die 4x4- en

side-by-side

-demon-

strasies gade te slaan. Dié Nissan Patrol Pickup slaag met uitmuntende

prestasie terwyl daar getoets word of sy loopvlak en remme ‘n styl

afdraande kan baasraak.