Background Image
Previous Page  67 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 67 / 116 Next Page
Page Background

2015/IMAIZE/A/05A

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

Saam boer ons

vir die toekoms

Kies PANNAR se besproeiingsbasters vir buitengewone

resultate. Ons bied ook ’n verskeidenheid praktiese

boerderyoplossings en koste-effektiewe bestuur-

praktyke. Ons YIELDBOOST

swam- en

insekdoderspuitprogramme bied byvoorbeeld ’n

omvattende koste-effektiewe risikobestuurspakket

om die beste moontlike winspotensiaal vir jou

onderneming te bied.

Boere wat die

beste verwag,

kies die beste.

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

PRESISIE-

BEPLANNING

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

65

Produksiekoste vir sojabone

Aannames wat met die opstel van die sojaboonbegroting gemaak

is, is dat 50% van die saad deur produsente teruggehou is, terwyl

die ander 50% gesertifiseerde saad is. Die begroting sluit ook ‘n

koste vir N, P en K in.

‘n Mei 2016 Safex-sojaboonprys van R4 900/ton is gebruik, wat ‘n

prys van ongeveer R4 841/ton in die produsent se sak beteken ná

inagneming van hanteringskoste. Sou die begrote insetkoste (ver-

anderlike + vaste koste) realiseer, is dit vir ‘n produsent moontlik

om gelyk te kan breek indien hy ‘n opbrengs van 1,50 ton/ha stroop.

Oostelike produserende streek

In Tabel 2 word die produksiekoste van GM-mielies (RR) en sojabone

in die oostelike streek vir die komende seisoen geïllustreer.

Produksiekoste van droëland

– GM-mielies (RR)

In die eerste kolom van Tabel 2 word die begrote produksiekoste

van GM-mielies (RR) vir die 2015/2016-produksieseisoen vir die oos-

telike streke uiteengesit.

‘n Julie 2016 Safex-graanprys van R2 450/ton is weer eens gebruik.

In die tabel word die produksiekoste van ‘n 5 ton/ha- en 7 ton/ha-

opbrengsmikpunt ten toon gestel. Indien dié Safex-prys teen die

beraamde begrote insetkoste (veranderlike + vaste koste) realiseer,

moet ‘n produsent vir daardie omgewing vir ‘n RR-mielie ongeveer

5 ton/ha stroop om gelyk te breek.

Produksiekoste vir sojabone

Die tweede kolom van Tabel 2 illustreer die uiteensetting van inset-

koste vir die verbouing van sojabone. Die aannames wat met die

opstel van die sojaboonbegroting gemaak is, is dieselfde as vir die

westelike dele van die land (50% gesertifiseerde saadaankope en

kunsmistoedienings).

‘n Mei 2016 Safex-sojaboonprys van R4 900/ton is gebruik en aan-

gesien sojabone geen vervoerdifferensiaalkoste het nie, kan ‘n

moontlike prys van R4 841/ton in die produsent se sak realiseer na-

dat hanteringskoste en bemarkingskommissie afgetrek is.

Gegewe die insetkoste (vaste + veranderlike koste), soos wat in

Tabel 2 aangetoon is en die gemelde Safex-prys, kan ‘n opbrengs

van tussen 1,5 ton/ha - 1,8 ton/ha in die oostelike streek behaal

word om gelyk te breek.

Sentrale produserende streek

Tabel 3 toon begrote produksiekoste vir mielies, sonneblom en

sojabone vir die sentrale dele van die land aan.

Slotsom

Daar is baie wat in die mark kan gebeur, maar die belangrikste punt

bly egter dat elke produsent die verantwoordelikheid moet neem

om sy eie persoonlike somme te maak. Stel vas teen watter prys

jou graan verkoop kan word sodat al jou koste gedek word en jy ‘n

wins genereer.

Dit is dus belangrik om jou gelykbreekprys (R/ton) vas te stel om

jou totale koste te kan dek.

Produsente en ander rolspelers kan die basiese produksiekoste

op die Graan SA-webtuiste besigtig, terwyl die model gratis aan

alle opbetaalde Graan SA-lede beskikbaar is. Stuur ‘n e-pos aan

petru@grainsa.co.za

tesame met jou Graan SA-lidnommer om die

model vir jou omgewing te ontvang.