2015/WMAIZE/A/01A
www.pannar.com infoserve@pannar.co.za® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK
Saam boer ons
vir die toekoms
™
PANNAR bestee baie tyd en moeite aan uitgebreide
navorsingsprogramme om jou te help om die hoë
opbrengste te verseker wat nodig is om jou
vooruitstrewende boerdery in stand te hou. Soos
ons witbasterpakket is dit ’n seker keuse vir goeie
risikobestuur en optimale opbrengste.
Jy neemgeen
kortpaaiemet jou
boerdery nie; ons
sal ook nie.
ULTRAMODERNE
NAVORSINGEN
ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE
GEWASVOORSORG
PRESISIE-
BEPLANNING
GEWASBESKERMINGS-
BESTUURSPRAKTYKE
61
Winsgewendheidvergelyking
– Noordwes-Vrystaat
Die vergelyking van beraamde bruto marges van verskillende ver-
takkings kan hulp aan produsente verleen ten opsigte van gewas-
keuse vir aanplantings. Die winsgewendheid (bruto marge) van
verskillende somergewasse vir die Noordwes-Vrystaat-omgewing
vir die 2015/2016-produksieseisoen word in
Grafiek 1
aangetoon.
Beraamde bruto produksiewaardes en direkte veranderlike koste is
gebruik om dié bruto marges te bereken.
Die bruto produksiewaardes is soos volg bereken: Opbrengs van
die gewas vermenigvuldig met die produsenteprys (liggingsdifferen-
siaal ensovoorts in ag geneem).
Bruto marge berekening: Bruto produksiewaardes minus direkte
veranderlike koste. Vaste koste wat gewoonlik uitgawes is wat
aangegaan moet word of daar geproduseer word of nie, is nie hier
in berekening gebring nie; die bruto marge syfers is dus die marge
voor vaste koste verhaal word.
Die geskatte voorseisoenpryse wat in die berekeninge gebruik is
tydens die skryf van hierdie artikel (16 Julie 2015), is soos volg:
Mielies vir lewering in Julie 2016 = R2 450/ton
Sorghum vir lewering in Julie 2016 = R3 500/ton
Sojabone vir lewering in Mei 2016 = R4 900/ton
Sonneblom vir lewering Mei 2016 = R4 900/ton
Grondbone vir lewering = R11 000/ton (keurgraad)
Opbrengsscenario’s is gegrond op aannames vir produksie-
omstandighede in die Noordwes-Vrystaat. Grafiek 1 is saamgestel
om ‘n indikasie van die verskil in winsgewendheid tussen die ver-
skeie somergewasse uit te beeld, maar dit is belangrik om daarop te
let dat hierdie syfers van produsent tot produsent kan verskil.
Indien aanpassings in die bogenoemde geskatte voorseisoenpryse
en direkte koste aangebring word, sal die bruto marge vergelyking
dienooreenkomstig verander. (Let wel: Die grafiek bevat verskillen-
de bruto marge voorbeelde vir mielies)
Met die uitbeelding van die vergelykende analise, kan daar gesien
word dat grondbone die beste bruto marge vir die komende pro-
duksieseisoen toon. Word daar op mielies gefokus, is dit duidelik
dat die hoër potensiële opbrengsgronde en die verminderde be-
werkingspraktyke (vyf jaar) beter marges as die mielies op laer- en
gemiddelde potensiaal opbrengsgronde lewer.
Met plaaslike mieliepryse wat as gevolg van lae voorraadvlakke
ondersteun word, lyk die prentjie van mielies se winsgewendheid
teenoor die ander gewasse baie beter in vergelyking met die vorige
seisoen waar mielies in ‘n sterk koste-knyptang situasie was.
Produsente moet seker maak dat hulle ‘n sorghumkontrak het voor-
dat hulle besluit om sorghum aan te plant. Kennis moet verder ge-
neem word dat die biobrandstofaanlegte nog nie in produksie is nie
en daar dus nie alreeds vir daardie mark geproduseer moet word nie.
Beraamde produksiekoste vir die
2015/2016-seisoen
In
Tabel 1 tot Tabel 3
word die beraamde koste om graan in die
westelike, sentrale en oostelike dele van die land te verbou, aange-
dui. Verskillende aannames is met die opstel van die begrotings
gemaak, hetsy dit pryslyste van insetverskaffers of vooruitskattings
met behulp van
future
rand/dollar-wisselkoerse en ruoliepryse was.
Die begrotings in Tabel 1 tot Tabel 3 is saamgestel deur verander-
like en vaste koste in berekening te bring. Sedert die koms van die
vrye mark, moet produsente self besluit of die Safex-prys voldoen-
de is om te produseer al dan nie.