Background Image
Previous Page  72 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 72 / 116 Next Page
Page Background

Augustus 2015

70

d

iesel maak ongeveer 12% van ‘n graan- en oliesade-

produsent se lopende produksiekoste uit. Soos nuwe

enjintegnologie die mark betree en bewerkingsprak-

tyke oor die jare verander het, het die hoeveelheid liter

diesel wat produsente per hektaar gebruik, afgeneem.

Meer as tien jaar gelede het ‘n graan- en oliesadeprodusent in

Suid-Afrika gemiddeld ongeveer 100 liter/ha gebruik, terwyl die ge-

middeld nou nader aan 70 liter/ha kan wees.

Meer onlangs

Die groothandelprys van diesel het vanaf Julie 2014 tot Julie 2015

met 9,2% gedaal – vanaf R12,90/liter na R11,71/liter. Die groot-

handelprys van diesel in Suid-Afrika word gereguleer en word deur

invoerpariteitspryse van diesel, belasting en heffings bepaal.

Dít het gebeur

Die ruolieprys, wat internasionale brandstofpryse beïnvloed, het

vanaf Junie 2014 tot Junie 2015 met 42,6% gedaal, vanaf $111,97

per vat na $64,26 per vat.

Oor dieselfde periode het die rand met 15,5% teenoor die dollar

verswak – vanaf R10,69 na R12,35 (‘n verswakking maak invoere

duurder). Heffings en belasting het oor hierdie periode met 19,8%

gestyg, vanaf R4,41/liter na R5,28/liter.

Was dit dus nie vir die verswakking in die wisselkoers en sty-

gings in belastings en heffings nie, kon die dieselprys meer as 40%

laer gewees het as ‘n jaar gelede.

Grafiek 1

wys wat met die dieselprys en die Brent ruolieprys in

randterme sedert Januarie 2010 gebeur het. In die grafiek kan ook

gesien word dat heffings en belasting ‘n al groter deel van die

dieselprys uitmaak.

In Julie 2015 het heffings en belastings 45% van die groothandel-

prys van diesel uitgemaak. Die rekordprys wat tot dusver vir die

groothandelprys van diesel bereik is, was R13,39/liter in Maart 2014.

Wat om te verwag

Met die skryf van hierdie artikel kan die dieselprys moontlik in

Augustus met 61 sent/liter daal. Hierdie daling kan hoofsaaklik

Dieselpryse onder die loep

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

INSET

-oorsig

OP PLAASVLAK

Grafiek 1: Internasionale Brent ruolieprys en die groothandelprys van diesel.

Skandeer dié QR-kode vir meer

inligting oor die hantering van die

dieselkorting.