Background Image
Previous Page  62 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 62 / 116 Next Page
Page Background

Augustus 2015

60

WINSGEWENDHEID:

Beplan só vir die nuwe seisoen

D

ie afgelope seisoen se droogtetoestande het winsgewen-

de graan- en oliesaadproduksie in die grootste dele van

Suid-Afrika onder hewige druk geplaas. Met die nuwe

seisoen om die draai, lyk die situasie egter heelwat beter as

gevolg van voorraadvlakke wat besonder laag is en plaaslike pryse

ondersteun.

Dié styging van produsentepryse wat by die meeste van die

somergewasse, maar spesifiek mielies, die afgelope jaar voorge-

kom het, het tot gevolg dat produsente met beter vooruitsigte ten

opsigte van winsgewendheid kan beplan watter gewasse aange-

plant kan word.

Weervooruitsigte vir die komende seisoen

Uitgesluit die verkryging van finansiering, is die weervooruitsigte

vir die komende seisoen die enkele grootste bekommernis onder

produsente.

Volgens verskeie klimatoloë word ‘n El Niño-verskynsel, wat

dikwels gepaardgaan met ondergemiddelde reënval in die somer-

produksiestreke, voorspel – melding word gemaak dat dit een

van die mees intense op rekord kan wees. Met dié agtergrond in

gedagte, moet produsente kennis neem dat hoewel El Niño dikwels

droogte vir Suid-Afrika se somerreëngebiede meebring, dit nie

altyd die geval is nie en ‘n normale seisoen wel kan voorkom.

Noodsaaklikheid van produksiebegrotings

Produksiekoste verskil radikaal van buurman tot buurman weens

elke graanprodusent se eie unieke sisteem, die tipe boerdery-een-

heid en produksiepraktyke. Die daarstel van produksiebegrotings

vir jou eie omstandighede, voor die aanplant van gewasse, is nood-

saaklik sodat ingeligte produksiebesluite geneem kan word.

Niemand kan die toekoms met al sy risiko’s en onsekerhede akkuraat

voorspel nie aangesien dit om planne vir die toekoms gaan en op

vooruitskattings, historiese gegewens, aannames en ondervinding

gebaseer word. In die lig hiervan moet produsente, as gebruikers

van begrotings, daarvan bewus wees dat begrotings asook die

aannames waarop dit berus, voortdurend aan veranderinge onder-

worpe is.

Met die inagneming van al die onsekerheid wat die toekoms in-

hou in terme van pryse en klimaatsomstandighede, word daar

in hierdie artikel gepoog om die koste vir die mees algemene

produksiepraktyke voor te lê.

OP PLAASVLAK

Graan- en oliesadeproduksie / Produksiebegrotings

Bestuurspraktyke

PETRU FOURIE,

navorsingskoördineerder en produksiekoste-analis: Graan SA

Grafiek 1: Winsgewendheid (bruto marge) van somergraangewasse in R/ha vir die Noordwes Provinsie/Vrystaat-omgewing (slegs veranderlike produksie-

koste in ag geneem – uitgesluit vaste koste) – 2015/2016-produksieseisoen.