Background Image
Previous Page  73 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 73 / 116 Next Page
Page Background

PANNAR behaal seisoen vir seisoen topresultate in

die nasionale sojaboonproewe. ’n Veelsydige pakket

van verskillende groeiseisoenklasse bied doeltreffende

risikobestuur waarop jy kan reken.

Sojabonemet

n bewese

suksesrekord.

2015/SOY/A/15

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

Saam boer ons

vir die toekoms

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

ULTRAMODERNE

NAVORSING

GEWASVOORSORG

PRESISIE-

BEPLANNING

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

Was dit dus nie vir die

verswakking in die wissel-

koers en stygings in belas-

tings en heffings nie, kon

die dieselprys meer as

40% laer gewees het as

‘n jaar gelede.

71

toegeskryf word aan dalings in internasionale dieselpryse – die ru-

olieprys het self met 8,5% vanaf Junie tot Julie tot dusver gedaal.

In die medium termyn moet die volgende in ag geneem word om

brandstofprysbewegings te antisipeer:

Ruolie

Aan die vraagkant – China se ekonomiese groei neem af. Dit kan

‘n impak hê op die vraag na ruolie wat pryse kan laag hou.

Aan die aanbodkant – daar is heelwat moontlikhede dat die

voorraad en produksie van ruolie kan toeneem, veral vanuit Iran.

Dit kan pryse verder onder druk plaas.

Skaliegasontwikkeling in die VSA hou ook pryse onder druk.

Rand/dollar-wisselkoers

Wanneer na die wêreldekonomieë sowel as die plaaslike

ekonomie gekyk word, gaan beleggers eerder in ontwikkelde

lande belê, wat ons plaaslike geldeenheid kan laat verswak.

Meeste finansiële instellings projekteer ook eerder ‘n swakker

rand na die einde van die jaar toe, as ‘n sterker een. ‘n Swakker

rand maak invoere (soos brandstof) duurder vir die plaaslike

verbruiker.

In die medium termyn kan die positiewe impak wat potensiële

laer ruoliepryse op plaaslike brandstofpryse kan hê, dus deur ‘n

potensiële swakker rand, uitgekanselleer word.

Die dieselkorting waarvoor produsente

kwalifiseer

Op 1 April 2015 het die algemene brandstofheffing met

30,5 sent/liter en die Padongelukkefondsheffing met 50 sent/

liter toegeneem. Dit het meegebring dat die dieselkorting vanaf

188 sent/liter na 250 sent/liter toegeneem het – vir 80% van die

regmatige gebruik.

Tesourie het ook in die vooruitsig gestel dat die dieselkorting in die

nabye toekoms (April 2016) los van die BTW-stelsel hanteer gaan

word. Daar is ook voorstelle deur die Minister van Finansies dat

die korting op die algemene brandstofheffing vir sekere bedrywe

verminder moet word. Wees verseker dat Graan SA (tesame met

Agri SA) reeds hieroor met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens

(SAID) en Tesourie in gesprek is.

Die SAID het in Julie kommentaar aangevra op hul voorgestelde

diesellogboeke wat bygehou moet word om vir die dieselkorting te

kwalifiseer. Daar is weer eens inligting wat die SAID wil hê byge-

hou moet word, wat prakties onmoontlik gaan wees om te doen.

Graan SA lewer kommentaar hierop en vergader eersdaags met die

SAID hieroor.

Vir nou moet produsente ten minste van die volgende boekhou

(vanaf die hoofverspreidingspunte):

Datum waarop diesel ingegooi is.

Hoeveelheid diesel wat ingegooi is.

Beskrywing van voertuig.

Die rede waarvoor diesel aangewend is.