Background Image
Previous Page  65 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 65 / 116 Next Page
Page Background

2015/YMAIZE/A/03A

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

Saam boer ons

vir die toekoms

Diversifikasie is ’n goeie strategie vir risikobestuur.

Ons voortreflike geelbasterpakket bevat verskeie

groeiklasse en agronomiese eienskappe ten einde

die beste opbrengs op jou belegging te lewer. Maak

seisoen vir seisoen op PANNAR se geelbasters

staat vir jou sukses.

Risiko

is

nwoord

wat geen boer wil

hoor nie; daarom

werk ons hard

daaraan omdit

uit te skakel.

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

PRESISIE-

BEPLANNING

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

63

Slegs deur alle koste te bereken, kan ‘n sinvolle besluit vir vol-

houbare produksie geneem word. Vervolgens moet vasgestel

word hoeveel geld nodig is om die vaste en veranderlike koste van

die onderneming te dek en watter vertakkings hoeveel daarvan

gaan bydra.

Veranderlike koste

Die veranderlike koste is gewoonlik daardie koste wat maklik met

die vertakking geassosieer word en verander soos daar meer of

minder van die inset gebruik word.

In die gewasvertakkings sal veranderlike koste bestaan uit byvoor-

beeld saad, kunsmis, onkruiddoder en diesel. Uit die meegaande

tabelle is dit duidelik dat bemesting die grootste komponent van

die veranderlike koste uitmaak.

Vaste koste

Die vaste of oorhoofse koste is gewoonlik uitgawes wat aange-

gaan moet word of daar geproduseer word of nie.

Voorbeelde van vaste koste is salarisse, huur, lewenskoste, elektrisi-

teit en nog vele meer. Hierdie koste moet by die veranderlike koste

per hektaar getel word om die totale produksiekoste te bereken.

Westelike produserende streek

In Tabel 1 word die produksiekoste van Bt-mielies, sonneblom en

sojabone in die westelike streek vir die komende seisoen getoon.

Produksiekoste van droëland – GM-mielies (Bt)

In die eerste kolom van Tabel 1 word die begrote produksiekoste

van Bt-mielies vir die 2015/2016-produksieseisoen uiteengesit.

In dié tabel word die produksiekoste van ‘n 3 ton/ha- en 4 ton/ha-

opbrengsmikpunt ten toon gestel.

Die totale veranderlike koste vir ‘n 3 ton/ha-opbrengs beloop rondom

R5 364/ha vir ‘n Bt-mielie-kultivar. ‘n Berekende vaste koste van

R2 289/ha word bygetel om ‘n totale produksiekoste van R7 652/ha

onderskeidelik daar te stel.

‘n Julie 2016 Safex-mielieprys van R2 450/ton is gebruik, wat min

of meer R2 201/ton in die produsent se sak sal beteken ná inag-

neming van die vervoerdifferensiaal, hanteringskoste en bemar-

kingskommissie.

Indien hierdie prys teen die begrote insetkoste realiseer, moet

die produsent vir ‘n Bt-mielie ‘n minimum van ongeveer 3,5 ton/ha

stroop om gelyk te breek.

Let daarop dat Graan SA se begrotingsmodel volledig is en groten-

deels alle koste wat moontlik deur produsente aangegaan kan

word, in ag neem. Indien ‘n opbrengs van 3 ton/ha behaal word, sal

‘n Safex-prys van R2 800/ton vir ‘n Bt-mielie nodig wees om gelyk

te breek. Indien slegs die veranderlike koste (uitgesluit vaste koste)

in ag geneem word, kan ‘n produsent gelyk breek teen ‘n opbrengs

van bietjie minder as 2,5 ton/ha.

Dit is duidelik dat mielieverbouing meer winsgewend as ‘n jaar ge-

lede is, hoofsaaklik vanweë die beter Julie 2016-prys wat in be-

rekening gebring is. Produsente word egter steeds aangeraai om

volledige somme te maak.

Produksiekoste vir sonneblom

Die tweede kolom van Tabel 1 bevat die insetkoste vir die verbouing

van sonneblom. ‘n Mei 2016 Safex-sonneblomprys van R4 900/ton

is gebruik, wat ‘n prys van ongeveer R4 596/ton in die produsent

se sak beteken ná inagneming van aftrekkings.

Gegewe die begrote insetkoste, kan ‘n minimum van ongeveer

1,25 ton/ha sonneblom in die westelike streek gestroop word om

gelyk te breek, mits die begrote insetkoste verwesenlik.