Background Image
Previous Page  57 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 57 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Produk-inligting

DERICK VAN DER WALT,

namens Valley Irrigation

Valley se puik diens speel

groot rol in afgeleë gebied

M

nr Conrad Coetzee, wat saam

met sy pa in die Prieska/

Niekerkshoop-area boer, kan

nie uitgepraat raak oor Valley

Irrigation se uitstekende spilpunte nie. As

dit boonop by naverkopediens kom, kan

min insetverskaffers by Valley kers vashou,

meen Coetzee.

Dié boerdery verbou hoofsaaklik mielies

en koring, maar lusern, suikerbone en uie-

saad word ook in rotasie aangeplant. Daar is

ook soms ‘n aartappel-komponent en dit is

voorts een van die min boerderye in die land

wat met pistachio’s boer.

“Ons het in 1993 op die plaas De Hoek be-

gin boer. Daar was reeds Valley-spilpunte

op die plaas. Omdat Prieska so afgeleë is,

is diens uiters belangrik. Valley se diens is

nog al die jare die beste in ons area. Ná ‘n

paar jaar het ons ‘n deel van die buur-

plaas, Spitzkop, gekoop wat ook net Valley-

spilpunte gehad het. Daar is vandag nog ‘n

4271 Valley-model wat in die tagtigerjare

opgerig is. Dit het reeds 68 000 uur gewerk,”

sê Coetzee.

Hy het self in die besproeiingsbedryf

gewerk voor hy begin boer het. “Ek het

daagliks met al die spilpunte op die mark

te doen gekry. Ek is baie bly my pa het

Valley gekies, aangesien dit my keuse ook

is. Ons is baie gelukkig met Valley se pro-

dukte. Dit is ‘n uitstekende spilpunt met die

beste spuite,” sê Coetzee.

Hy meen ‘n verdere voordeel is dat die be-

heerpanele waarmee die spilpunte bestuur

word, uit goeie tegnologie bestaan. “Valley

se nuwe Pro2-beheerpanele kan ‘n spilpunt

tot in die fynste detail beheer. Die spilpunte

is uiters betroubaar en robuus. ‘n Mens

moet net die verlangde instandhouding

doen. Valley se spilpunte is baie innoverend

en die firma is ‘n pionier as dit by nuwe teg-

nologie kom,” meen Coetzee.

Hy is ook vol lof vir Valley se naverkopediens.

“In Prieska is diens ‘n uiters belangrike fak-

tor as ons oor die aankoop van nuwe toerus-

ting besluit. Cobus en Bennie van Valley

is albei baie besig, maar nooit te besig

om jou binne ‘n oogwink te help nie. Met

die besproeiingswinkel wat op Douglas

oopgemaak het, is dit uiters seldsaam om

nie binne 24 uur onderdele in die hande

te kry nie.” ‘n Kopseer vir die boerdery tans

is beurtkrag. “Beurtkrag kan uiters skadelik

vir ‘n besproeiingsboerdery wees omdat

ons só van spilpunte afhanklik is. ‘n 50 ha-

spilpunt loop tien uur in die rondte wan-

neer ons kunsmis gee. As die krag afgaan

wanneer ons kunsmis toedien, is dit baie

moeilik om nie kunsmisstrepe in die land

te kry nie. Natuurlik moet ons dan ook baie

langer ure werk om binne ‘n dag kunsmis

toe te dien. As Eskom net ‘n week se beurt-

kragbeplanning vooruit kan bekendmaak,

sal ons die skedulering en kunsmisprogram

1: Uiesaad onder besproeiing met byekaste wat uitgesit is vir die bye om dit te bestuif.

2: Suikerbone onder besproeiing wat besig is om in blom te gaan.

1

2

rondom dié tye skeduleer, maar met beurt-

krag wat daagliks aangekondig word en

selfs dan nog verander word, is dit uiters

moeilik om te besproei.”

Coetzee glo dat hernubare energie in die

toekoms die enigste opsie gaan wees vir ‘n

winsgewende boerdery. “Elektrisiteitskoste

beslaan ‘n groot persentasie van ons in-

sette. Omdat Eskom so onbetroubaar is en

elke jaar sy tariewe aanpas, is hernubare

energie onvermydelik.”

55

August 2015