Background Image
Previous Page  26 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 26 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Landboumasjineriemark

in ‘n neutedop

A

lhoewel graan- en oliesadeprodusente verlede jaar ‘n re-

kordproduksieseisoen ervaar het, was trekkerverkope vir

2014 laer as die vorige seisoen. Die nuutste tendense in die

plaaslike landboumasjineriemark (hoofsaaklik gefokus op

trekkers) word in dié artikel met die tendense van die laaste paar

jaar vergelyk. Die data is geskoei op inligting soos verkry vanaf

AGFACTS

.

Landboumasjineriepryse

Omrede ‘n groot komponent van die landboumasjinerie wat in Suid-

Afrika gebruik word ingevoer word, het die rand/dollar-wisselkoers

‘n groot impak op landboumasjineriepryse. Die rand het in Junie

vanjaar teen ‘n gemiddeld van R12,31 teenoor die dollar verhandel,

terwyl dit ‘n jaar gelede teen R10,69 teenoor die dollar beweeg het.

Hierdie verswakking het ‘n bepalende rol in prysstygings die af-

gelope jaar gespeel.

Die jaar-tot-jaar-prysveranderinge van die vier vernaamste klasse

landboumasjinerie kan in

Tabel 1

waargeneem word. Landbouma-

sjineriepryse het gemiddeld vanaf Junie 2014 tot Junie 2015 met ‘n

skrale 1,9% gestyg. Die prystendense van trekkers, hooi- en vee-

voertoerusting en implemente het vanaf Mei tot Junie gedaal, ter-

wyl stroperpryse onveranderd was.

Trekkerverkope

Grafiek 1

toon die jaarlikse trekkerverkope aan tesame met die drie-

jaar bewegende gemiddelde van verkope, vanaf 1994 tot 2014. Hier-

die syfers sluit slegs plaaslike verkope in en nie uitvoere nie.

Jaarlikse trekkerverkope het gedurende die tydperk van 1994 tot

2014 tussen ‘n minimum van 2 624 eenhede (1999) en ‘n maksimum

van 7 899 eenhede (2012) gewissel. Volgens die grafiek is dit sigbaar

dat trekkerverkope die laaste twee jaar afgeneem het; dit kan toe-

geskryf word aan verskeie faktore, maar die droogtetoestande wat

in die westelike mielieproduksiegebiede van Suid-Afrika voorgekom

het, het ‘n wesenlike las op produsente se finansiële posisie geplaas.

Die driejaar bewegende gemiddeld het sedert 2001 geleidelik op-

waarts beweeg en staan tans op 7 320 eenhede.

Algemene waarnemings wat met trekkeverkope gemaak kan word:

Oor die algemeen, is Oktober by verre die maand met die hoogste

verkope.

Februariemaand speel ‘n belangrike rol as gevolg van belasting-

aankope.

Die hoogste driemaande-verkoopstydperk is Augustus, Septem-

ber en Oktober met 29,9% van die jaarlikse verkope.

PETRU FOURIE,

navorsingskoördineerder en produksiekoste-analis: Graan SA

Grafiek 1: Jaarlikse trekkerverkope (1994 tot 2014).

TOERUSTINGKATEGORIE

JAAR-TOT-JAAR-VERANDERING, %

TENDENS

MEI 2015

JUNIE 2015

Trekkers

3,4

3,1

Afwaarts

Stropers

-1,0

-1,0

Onveranderd

Hooi- en veevoertoerusting

2,3

1,2

Afwaarts

Implemente

3,7

2,8

Afwaarts

Gemiddeld

2,3

1,9

Afwaarts

TABEL 1: JAAR-TOT-JAAR-VERANDERING IN LANDBOUMASJINERIEPRYSE.

Bron:

AGFACTS nuusbrief

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie

Augustus 2015

24