Background Image
Previous Page  25 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 25 / 116 Next Page
Page Background

voudige verandering verteenwoordig ‘n brandstofbesparing van

17,6% vir dieselfde werk verrig. Die beginsel vir die bestuur van ge-

deeltelike belading, is om ‘n hoër rat te kies en ‘n laer brandstof-

reëlaarposisie.

In scenario 2 belas ons die trekker met vol lading en beweeg so-

doende vanaf punt A na punt C op die wringkragkurwe. Die trek-

ker werk dus nou “hard” en dit is presies waarvoor dit ontwerp is

en waar dit die langste lewensduurte gaan hê. Spesifieke brand-

stofverbruik verander vanaf 340 ml/kWh na 300 ml/kWh, wat ‘n

11,7%-verbetering in waarde vir my brandstof verteenwoordig.

Hierdie punt kan prakties eenvoudig in die veld bepaal word deur die

implementgrootte by die trekker te pas, die trekker by maksimum

spoedreëlaar te stel en te sien wanneer maksimum brandstoflewe-

ring bereik word deurdat die trekkerenjin as gevolg van belading be-

gin spoed verloor.

Dit kan op twee maniere bewerkstellig word:

Verander die ratte na ‘n al hoër rat totdat ‘n rat bereik word waar

die enjinrevolusies skerp begin daal; of

Vergroot die implement totdat die enjinrevolusies begin daal.

Hier speel wielglip en rolweerstand egter ‘n addisionele rol, maar

maak seker dat dit binne die norme bly.

Grafiek 1: ‘n Wringkragkurwe vir ‘n tipiese dieselenjin.

23

August 2015

Gelukkig vir ons, bou ontwerpingenieurs reeds ‘n magdom eienskappe tydens die oorspronklike trekkerontwerp in. Hulle verseker dat die trekker se

enjingrootte en konfigurasie genoegsaam is sodat wringkrag en drywing nie beperkend is nie, terwyl onderhoud en ekonomie in ag geneem word.

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie