Background Image
Previous Page  27 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 27 / 116 Next Page
Page Background

August 2015

25

Die laagste verkope vind April, Mei en Desember plaas.

Verkope vir die eerste helfte en tweede helfte word verdeel as

49:51.

Grootte en ouderdom van trekkervloot

Die verandering in grootte van Suid-Afrika se algehele trekkervloot

oor die afgelope paar jaar (die aantal trekkers in Suid-Afrika jonger

as 20 jaar) word in

Grafiek 2

geïllustreer, terwyl

Grafiek 3

die ouder-

domsuiteensetting daarvan weergee.

Algemene gevolgtrekkings ten opsigte van die grootte- en ouder-

domsverspreiding van die trekkervloot (

AGFACTS

, 2015):

Die algehele trekkervloot het die laaste nege jaar aansienlik op-

waarts geskuif nadat dit die vorige vier jaar (2003 - 2006) redelik

stabiel was op tussen 62 400 en 63 500 eenhede.

Die huidige trekkervloot van 83 197 eenhede is 26,6% kleiner as

die vloot van 113 287 eenhede in 1994 – 20 jaar gelede.

Die trekkervloot was 15 jaar gelede (1999) ongeveer 81 900 een-

hede. Die huidige vloot toon ‘n toename van 1,6% teenoor daar-

die syfer.

In 1994 het die totale trekkers jonger as tien jaar 36,2% van die

vloot uitgemaak, waarna die grootte van die trekkervloot jonger

as tien jaar toenemend begin groei het. ‘n Skerp toename het die

afgelope agt jaar plaasgevind en tans maak die trekkers jonger as

tien jaar 71,5% van die totale trekkervloot uit.

Die gemiddelde ouderdom van die trekkervloot staan tans op

6,9 jaar.

Die aantal trekkers wat jonger as vyf jaar is, het in 2002 (27 300

in 2008) sowat 40% van die trekkervloot uitgemaak. Dit is die

hoogste persentasie die afgelope 20 jaar.

Grafiek 2: Grootte van trekkervloot.

Grafiek 3: Verspreiding van trekkervlootouderdom.

Grafiek 4: Totale trekkrag van trekkervloot.

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie