

April 2017
58
Seisoenale voorspelling vir die
herfs en winter in Suid-Afrika
D
ie huidige seisoenale voorspelling strek vanaf Maart tot
Julie 2017 en is in Februarie vanjaar uitgereik. Die volgende
voorspelling, wat sal strek vanaf April tot Augustus 2017,
sal teen die einde van Maart vanjaar beskikbaar wees.
Daar is twee belangrike aspekte van die huidige voorspelling
waarop gefokus moet word, naamlik die El Niño Suidelike Ossilasie
(ENSO) en sy verwagte impak op die volgende somerseisoen
(2017/2018), asook die herfs- en wintertoestande vir die winter-
reënvalgebiede.
Die ENSO is ‘n groot interaksie tussen die Stille Oseaan en die at-
mosfeer, wat globale weerpatrone kan affekteer wanneer dit tussen
spesifieke fases ossilleer. Vir Suid-Afrika kan dit die oorsaak van ‘n
droër El Niño-fase, of natter La Niña-fase, oor die somerreënvalge-
biede wees.
Dit is belangrik om in ag te neem dat ENSO nie ‘n effek op die
winterreënvalgebiede het nie, so daar word geen spesifieke impak
op die herfs en winter vanaf hierdie stelsel verwag nie. Nietemin
is daar op die oomblik ‘n aanduiding dat daar dalk ‘n El Niño-fase
teen die tyd wanneer die volgende somerseisoen begin, verwag
kan word.
Daar is egter groot onsekerheid wat die verwagtinge vanaf ENSO
betref só ver vooruit, daarom stel ons voor dat die stelsel en sy
voorspelling in die toekoms gevolg word en belangrike besluite
eers geneem word wanneer daar meer sekerheid oor die stelsel is.
AKTUEEL
COBUS OLIVIER,
wetenskaplike: Voorspellingsnavorsing, Suid-Afrikaanse Weerdiens
Figuur 1: Reënvalvoorspellings vir Suid-Afrika vanaf Maart tot Julie 2017 in die
waarskynlikhede waarin ‘n sekere kategorie kan voorkom. Die insetsel illustreer die
moontlikheid dat die Maart/April/Mei 2017-seisoen ver bo- of ondergemiddeld kan wees.