

voortou neem
“K
e Nako! Dit is tyd vir die jonger generasie produsente
om hul voete nat te kry deur ons land uit die dorre
woestyn te lei oor die rivier (ten spyte van die gevare
wat die water inhou) na die groener weivelde (die
ware Suid-Afrika).”
Só het mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA)
vanjaar se dinamiese jong produsente, wat op 14 Februarie met die
eerste fase van die Grain Academy-program afgeskop het, uitge-
daag deur die voorbeeld van die Serengeti wildebeesmigrasie te
gebruik om leierskap te verduidelik.
In vennootskap met die Universiteit van die Vrystaat se Besigheid-
skool en Graan SA is dié sakeleierskapsontwikkelingsprogram in
2013 bekend gestel as ‘n platform vir onderrig en interaksie, waar
daar gefokus word op die uitdagings wat plaaslike voedselpro-
duksie in die gesig staar. Vanjaar is daar 20 jong landbouleiers wat
die program, wat in drie fases opgedeel is, bywoon.
“Moenie hierdie as ‘n studiekursus sien nie – jy is nie ‘n student nie.
Gebruik hierdie program om in jouself te investeer,” het De Villiers
gesê.
Mnr Deon Barnard (adjunkdirekteur: Universiteit van die Vrystaat
se Besigheidskool) het beaam wat De Villiers gesê het. “Die
fondasie van hierdie program sal jou in jou persoonlike ontwikkeling
ondersteun en sodoende sal jy die impak van die veranderinge in die
eksterne omgewing kan antisipeer.”
Barnard het na David Brooks se boek getiteld ‘
Road to Character
’
verwys. “Brooks het ‘n lewenskarakterskets gedoen op agt groot
persoonlikhede wat in die afgelope 300 jaar geleef het en hierdeur
twee persoonlikhede geïdentifiseer, naamlik: Adam 1 en Adam 2.
“Vir Adam 1 gaan dit oor roem en die soeke na sy of haar eie belang.
Dié tipe persoonlikheid is ook gewoond aan ‘n samelewing waar
alles vinnig gebeur en maklik is. Daarteenoor is Adam 2 die persoon
wat waarneem wat in sy omgewing gebeur en dié persoon maak
ook ‘n verskil deur betekenis in sy/haar lewe te vind. Wanneer jy die
doel in jou lewe vind, ondersteun dit jou om die belang van ander
belangegroepe in jou omgewing te bevorder en sodoende sal jy ‘n
nalatenskap agterlaat,” het hy verduidelik.
Luidens ‘n persverklaring het Syngenta hierdie jaar besluit om die
fokus meer op leierskap te plaas, maar ook op innerlike vervulling en
die positiewe impak wat dit op ‘n landbousaak het. “Hierdie program
is daarop gemik om produsente met die nodige vaardighede toe
te rus, wat volhardingsvermoë bou en wat hulle in staat sal stel
om nie te swig onder die druk van wanhoop en onsekerheid (soos
die droogte en kommandowurms) nie,” het mnr Antonie Delport
(besturende direkteur: Syngenta SA) gesê.
Vanjaar spog die program met vyf vroueprodusente. Vir meer in-
ligting oor elkeen van die jong landbouleiers, besoek gerus die
Grain Academy-webtuiste by
www.grainacademy.co.za .57
April 2017
AKTUEEL
RUTH SCHULTZ,
SA Graan/Grain
medewerker
1: Dr René Uys (fasiliteerder), links voor, saam met nege van die 2017
Grain Academy-kandidate: Shane Buchanan, Tuduetso Mogotlong,
Preline Swart, Sosie Matla, Steven Mathews en Harry van der Merwe
(fasiliteerder). Agter: Ronald Niksch, Tommie Olckers, Jozua du Plessis
en Thinus du Plessis.
2: Harry van der Merwe saam met die ander elf kandidate van die Grain
Academy 2017-program: Lowane Mqala, Solomon Tshongweni,
Brenda Tlhabane, Alfreda Mars, Samson Tauzeni, Petru Fourie en
Hugo Vosloo. Agter: Dr René Uys (fasiliteerder), Ruan Lange,
Wessel van Dyk, CP Scheepers en Barend Bornman.
3: Deel van die bekendstelling van die program vanjaar was die
#One-
GrainAtATime
-veldtog, waar die media kospakkies met graanprodukte
van Syngenta ontvang het om te gaan uitdeel aan die minderbevoor-
regtes, met die hoop dat dié goeie daad weer oorgedra sal word aan
ander mense (
pay it forward
-beginsel). Die doel van hierdie veldtog
was om produsente te bedank vir die kos wat hulle vir ons produseer.
Ruth Schultz (Infoworks), Sindira Chetty (
Farmers Weekly
),
Alzena Gomes (Graan SA) en Gerrit Bezuidenhout (
Landbouweekblad
)
het elkeen ‘n kospakkie ontvang om te gaan uitdeel aan diegene
in nood.
1
2
3