Background Image
Previous Page  76 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 76 / 84 Next Page
Page Background

April 2016

74

AKTUEEL

Só lyk die plaaslewe...

A

mateurfotograwe het die beoordelaars van die

SA Graan

/

Sasol 2015-fotokompetisie baie beïndruk met hul inter-

pretasie van die tema “Die plaaslewe”. Daar is omtrent

elke maand kop gekrap om die beste foto aan te wys.

Dit was nog moeiliker om die wenfoto tussen die maandwenners

te kies!

Die drie algehele wenners van die

SA Graan

/Sasol 2015-fotokom-

petisie was:

Eerste: Franci Swart van Swellendam (Oktober-wenner)

Tweede: Riaan Potgieter van Bultfontein (Julie-wenner)

Derde: Zirk Jansen van Lydenburg (Mei-wenner)

Baie geluk aan dié wenners. Baie dankie aan Sasol wat die prys-

geld vir die kompetisie geborg het en ook aan elke fotograaf wat vir

die kompetisie ingeskryf het.

Aspirant- en amateurfotograwe: Neem gerus ook vanjaar deel aan

die nuwe fotokompetisie – meer inligting op bladsy 70 en bladsy 71.

Wie weet: Dalk stap jy dié jaar met R10 000 weg!

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur:

SA Graan/Grain

2: In die tweede plek was

Riaan Potgieter. Hy is

R7 000 ryker vir sy foto

“Planttyd in die Wes-

Vrystaat is ‘n spanpoging

en sonder kundige mense

‘n onmoontlike taak.”

Die foto is gedurende

mielieplanttyd op Piet

van Rensburg se plaas,

Mooitoekoms, tussen

Bultfontein en Hoopstad,

geneem. Jaco Strauss

bestuur die trekker terwyl

Elias Shuping toesien dat

alles op die planter glad

verloop.

1: Franci Swart het die

eerste prys van R10 000

vir haar foto “Witgoud op

die land. Angoras in die

laatmiddagson op ‘n plaas

net buite Swellendam”

ontvang.

1

ste

2

de

Fotokompetisie