Background Image
Previous Page  71 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 71 / 84 Next Page
Page Background

Goeie arbeidspraktyke en

-verhoudinge in die kollig

Reeks

G

edurende die plaaswerkerstakings in 2012 en 2013 was

ek op een van die plase waar die pakstoor afgebrand het.

Die plaaswerkers en die eienaar was baie positief ten

spyte van hul stoor wat afgebrand het. Daar het ek besef

dat ons plaaswerkers nie ‘n platform het waar hulle kan sê hoe

hulle voel nie. Ek het die Here gevra vir ‘n oplossing en die idee gekry

van ‘n forum wat ek moes stig.

Op 17 Januarie 2013 het ek ‘n uitnodiging na van die produsente

wie se e-posadresse ek gehad het gestuur, waarin ek gevra het dat

hulle vir my een werker sal stuur vir ‘n vergadering. Daardie verga-

dering is verteenwoordig deur 25 plase met 64 verteenwoordigers.

Ons het onsself die volgende vrae afgevra:

Hoe sien ons Suid-Afrika sonder landbou?

Wie gee ander die mandaat om namens ons te praat?

Wie is verantwoordelik om ‘n proses te begin vir die aanpassing

van landbou se minimum loon?

Die noodsaaklikheid van die voortbestaan van landbou in die hele

Suid-Afrika is van kardinale belang vir die ekonomie en selfs werk-

skepping.

Die Nasionale Plaaswerkersforum is toe op 18 Januarie 2013 gestig.

Die forum bestaan net uit plaaswerkers en produsente en die fon-

dament van die forum is Jesus Christus. Die visie van die forum is

om die verhouding, wat voor 1994 tussen die produsente en die

werkers was, te herstel. Ons glo ons kan rondetafel-gesprekke hê en

só probleme oplos.

Wanneer ‘n plaas deel wil raak van die forum, kan hulle ons kontak

en dan gaan ons uit na die plaas toe om die werkers in te lig oor die

forum en wat dit behels.

Wat wil ons met die forum bereik?

Gesonde dialoog

Plaaswerkers ‘n stem gee

Formele kommunikasiekanale vestig

Advies gee aan plaasarbeiders

Landbou bevorder

As bedingingsgroep in gesprek tree

Plaaswerkers se beroep verstaan

Goeie verhoudinge in die landbou bevorder

Positiewe media oor landbou bevorder

Kommunikasie tussen werkgewer en werknemer verbeter

Die Forum se bestuur bestaan uit:

Voorsitter: Magrieta Fithwa (Middelpos)

Ondervoorsitter: Ockert Diedricks (Welgemoed)

Sekretaresse: Vivian Adams (Sandrivier Landgoed)

Hulpsekretaris: Jakobus Blomkers (Cornerstone)

Tesourier: John Mitchell (Linton Park Wines)

Hulptesourier: Sarie Johannes (Hoekstra Fruit Farms)

Die Forum is verdeel in die volgende komitees:

Dissiplinêre/HR-komitee

Opleidingskomitee

Sport en Kultuur

Prestasiekomitee

Behuisingskomitee

Media

Vir meer inligting, kontak Rita Andreas by 076 790 1066 of

Rita.Andreas@drakenstein.gov.za

.

RITA ANDREAS,

woordvoerder: Nasionale Plaaswerkersforum

– Nasionale Plaaswerkersforum

AKTUEEL

69

April 2016

Deel jou praktyke met medeprodusente

Graan SA-lede is welkom om wenke vir goeie arbeidspraktyke en -verhoudinge op die plaas of praktyke wat hulle op die plaas toepas

en wat vir hulle werk, met medeprodusente te deel. Stuur 'n e-pos na

estiedv@mweb.co.za

en ons sal jou kontak.

1 tot 3: Die Nasionale Plaaswerkersforum is in Januarie 2013 gestig.

Die visie van die forum is om die verhouding, wat voor 1994 tussen die

produsente en die werkers was, te herstel.

1

2

3