Background Image
Previous Page  82 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 82 / 84 Next Page
Page Background

80

Beste Grootneef

b

uurman kom leun anderdag oor die heining. Hy vertel toe

van die groot blits en hoe dit sy lewe verander het.

Hy sê dit was so half drie die Sondagmiddag. Alles was

stil en rustig soos dit op ‘n plaaswerf hoort. Met ‘n weer

wat veraf gedreun het, vloerplanke wat liggies kraak en

‘n Sondag-soelheid wat middagslapie koning maak. Die volgende

oomblik was daar ‘n lig en ‘n blits en ‘n donderslag wat Buurman

skoon in ‘n ander bloedgroep ingeskok het.

Buurman vertel dat die weerlig by die venster se bo-lug in is, oor

die vloer soos ‘n geelslang geloop het en toe deur die spieëlkas

teruggekaats tot onder die kooi – die pot se erd af. “Pieng...,” beduie

Buurman met arms alkant toe.

Buurman vertel verder dat die donderslag hom soos ‘n prop uit ‘n

warm bottel “sjempyn” van die bulsak geskiet het, amper tot bo teen

die dak. Dit was op pad terug aarde toe, dat sy lewe in

slow mo

voor

sy oë afgespeel het.

Die groot skrik ná die donderslag het soos ‘n brander oor die

werf gerol. Die koeie se melk was ‘n week lank suur en die hoen-

ders het vierkantige eiers gelê. Die honde wou vir dae nie onder

die eetkamertafel uit nie. Hy moes hulle met ‘n streep biltong na

buite lok!

Buurman sê hy het besluit om sy lewe drasties

te verander ná die noue ontkoming. Hy vat nou

net naweke en saans ‘n knertsie. Soos hy ná

die tyd vir mevrou Dominee in die bad gesê het,

die wêreld is boos...niks is vanselfsprekend nie.

Nie eers ‘n middagslapie nie.

Ou Neef, die groot donderslag op Buurman se

werf is vergete, maar geraasbesoedeling is weer

met ons. Of jy nou draadloos luister of Dallas se

heruitsending probeer kyk, in al die advertensies

bodder die politieke partye. Al wat kader is,

maak beloftes wat hul nie kan nakom nie. Maar

as die

honourable members

eers in die sagte

stoele van die praathuise wegsak, vergeet hul

algar hoekom hul eintlik daar is...en reël terstond

vir ‘n beter lewe vir hulself.

Deursigtigheid en al daai strooi is vir diesulkes

wat dit nie in die verkiesing gemaak het nie en

nou buite staan en raas. Die paaie vol gate en

die pompe wat nie pomp nie is gou vergete in

‘n land van eindelose ritsery, met belastingbetaalde hoenderboud-

jies en frikkadelle by elke noenmaal.

Ou Neef, so nou en dan is ‘n donderslag op ‘n Sondagmiddag nodig

om ‘n sussende gewete te laat wip. Net om weer te weeg wat nou

eintlik saak maak. Die donderslag van die jaar was nie die een op

Buurman se werf nie, maar die koue realiteit dat geld nie aan bome

groei nie en mieliemeel nie vanself op ‘n winkelrak klim nie.

Mielies moet pit-vir-pit deur regte boere geplant word. En as daar

met genade van Bo en genoeg reën geoes word, moet mielies trok-

vir-trok tot in die stede aangery word om gemaal te word. Dan eers

kan daardie pakkie mieliemeel op die winkelrak geplaas word. Dis

nie so maklik soos dit lyk om kos oor die diep water te laat kom nie.

Hopelik sal die nuut-verkose lede van die goewerment in die jaar

wat kom, graanprodusente soos ‘n edel kultivar hanteer, met re-

spek vir die deursettingsvermoë en kundigheid om goedkoop kos

in Afrika te produseer.

Want ‘n oes op die land praat harder as ydele politieke beloftes.

Groete op die Oosgrens!

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

Die donderslag

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

April 2016