Background Image
Previous Page  78 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 78 / 84 Next Page
Page Background

76

KORING:

2015 se data bespreek

F

ebruarie is nie net die maand van die liefde nie. Dit is ook ‘n

baie belangrike maand in die kalender van alle koring-

produsente in Suid-Afrika.

Die Nasionale Koringkultivarevalusiewerkgroep se jaarlikse ver-

gadering vind gewoonlik in Februarie plaas. Tydens hierdie

vergadering word die data van die vorige seisoen getoets teen

kundiges in die koringbedryf en die aanbevelings vir die komende

seisoen word gefinaliseer.

Alhoewel verskeie ander organisasies en maatskappye ook kulti-

varproewe doen, het die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) die

mandaat om die Nasionale Koringkultivarevaluasieprogram in al die

verskillende produksiegebiede in Suid-Afrika uit te voer.

Hierdie program is die enigste een waar die totale stel syfers op ‘n

openbare forum bespreek word en dit verteenwoordig die enigste

stel objektiewe kultivardata. Die inligting wat hiermee genereer

word, word wyd versprei aan produsente op verskillende forums

soos boeredae, inligtingsdae, asook die populêre media.

Die resultate is verder ook belangrik omdat dit deur die onderskeie

saadmaatskappye vir bemarkingsdoeleindes en besluitneming ge-

bruik word.

Tydens die afgelope vergadering van hierdie werkgroep, op

11 Februarie 2016, het die komitee (wat bestaan uit verteenwoor-

digers van saadmaatskappye, Graan SA, die Universiteite van die

Vrystaat en Stellenbosch, SANSOR, die onderskeie Departemente

van Landbou en ander rolspelers) weer eens die program geëvalueer

ten einde te verseker dat die proewe wetenskaplik uitgevoer en die

data objektief en korrek weergegee word.

Hierdie program vorm die ruggraat van die

Produksiehandleidings

wat jaarliks uitgegee word. Aangesien produksiepraktyke en kulti-

varaanbevelings van streek tot streek verskil, word twee afson-

derlike handleidings in Afrikaans en Engels gepubliseer. Die een

handleiding, waarin die droëland- en besproeiingsgebiede se inlig-

ting verskyn, is spesifiek gerig op die somerreënvalgebied en die

tweede op die winterreënvalgebiede.

Belangstellendes kan vir me Elri Burger by 058 307 3507 of me

Eveline Mofokeng by 058 307 3400 kontak vir meer besonderhede.

Die handleidings sal ook tydens die Graan SA NAMPO Oesdag van

17 tot 20 Mei by die LNR-KGI se stalletjie in die Microbial Solutions-

saal beskikbaar wees.

AKTUEEL

ANNELIE BARNARD,

LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem

Belanghebbendes wat die vergadering bygewoon het, is: Willem Botes

(Universiteit van Stellenbosch), Willem Kilian (LNR-KGI), Lebogang Jack

(Departement van Landbou, Noordwes), prof Sakkie Pretorius

(Universiteit van die Vrystaat), Walter Mokgobu (DAFF), Eddie

Goldschagg (SANSOR), dr Willem Boshoff (Pannar), dr Cobus le Roux

(LNR-KGI) en dr Francois Koekemoer (Sensako).