Background Image
Previous Page  79 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 79 / 84 Next Page
Page Background

Laat snak die asems by ‘n

blou Delfttroue

ABRIE COETZEE,

onthaal- en dekorspesialis

KUIER SAAM MET

Abrie

d

ie Vereenigde Oost-Indische Compagnie sou dink dat al

hul blou Delft op hierdie troue gebruik is! Gemmerpot-

te, vase, borde, selfs opdien-terrienborde in blou Delft

is gebruik om ‘n wêreld van outydse elegansie te skep.

Ek het op koningsblou tafeldoeke met spierwit kantser-

vette gedek. Kristal-wynglase en wit rose, gestapel en met ‘n tikkie

groen, rond alles mooi af. Ong looflike detail soos klein kristalkers-

houertjies, glas sout- en -peperpotjies en pienk orgideë sorg vir ‘n

spatsel kleur op die tafels. Blou Delft sorg vir ‘n troue uit die vroeë

18de eeu, maar met ‘n moderne aanslag.

Die ete is voorgesit in groot silwer bakke met silwerkoepels bo-oor.

Dit kombineer die ou “kasteel-gevoel” met die moderne. Varkboude

met geglasuurde kersies en groen vye kombineer pragtig met die

diamantvormige patroon in die spek gesny.

Op ‘n bed van Basmati-rys is gevulde vrugtehoenderrolle met

pruimedante en artisjokke – ‘n koninklike dis. Gekartelde blaar-

deeg, soos ‘n kroon op die geurige beespastei, dan volg geroos-

terde groente in kleure van smaraggroen, robynrooi en goudkleurige

pampoentjies. Die soetpatat-rollade rond die smul-ete heerlik en

perfek af.

Die nagereg is ‘n treffer van soet heerlikhede en laat almal na hul

asems snak.

77

April 2016

Kontak Abrie Coetzee van Kamelia in Klerksdorp

by 018 468 5689 of 072 804 9841.