Background Image
Previous Page  80 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 80 / 84 Next Page
Page Background

Groter en taaier – die nuwe Hilux is hier

d

ie Toyota Hilux-reeks is die grootste voertuigverkoper

in Suid-Afrika. Selfs met die gedugte Ford Ranger-

toetrede, was die Hilux-bakkies nog die beste verkoper.

Die Hilux-bakkie is sedert hy in 1969 geloods is, sino-

niem met gehardheid. Dit is die bakkie wat jy op dié

rofste padoppervlaktes kan vertrou. Dit is ook die bakkie wat jy ‘n

bietjie kan oorlaai, want hy het verseker die sterkste onderstel van al

die bakkies op die mark.

As jy lekker gemaklik met ‘n bakkie wil ry, kry ‘n Ranger. As jy spaar-

samig wil ry, kry ‘n Isuzu-diesel, maar as jy nou regtig jou bakkie

wil swaar laai en nog boonop ‘n slegte pad wil aandurf, dan is die

Hilux die regte bakkie vir jou. Die nuwe Hilux-reeks wat in Februarie

bekendgestel is, bou voort op hierdie tradisie en is nou nog groter

om meer vrag te dra en sterker om nog meer gehard te wees.

Daar is baie te vertel oor die nuwe Hilux-reeks, maar neem kennis

van die volgende: Die nuwe Hilux is groter as sy voorganger. Dit is

byvoorbeeld 75 mm langer. Binne die nuwe Hilux-reeks word daar

onderskeid getref tussen die “werksmodelle” en die “luukse model-

le”. Die luukse bakkies se bakwerk is effens wyer as die werksmodel-

le s’n. Die onderstel van beide die modelle is egter dieselfde, maar

hul enjins en bybehore verskil.

Die groot pluspunt van die nuwe Hilux-reeks is dat al die bakkies,

insluitende die goedkoper werksmodelle, ABS-ondersteunde rem-

me en ten minste ‘n lugsak vir die bestuurder het. Daar is nou in

die dubbelkajuit-weergawes 10 mm meer beenspasie vir die agter-

sittendes danksy die nuwe sitplekontwerp. ‘n Navigasiestelsel

kom as standaard in die luukse modelle en die nuwe dieselenjins

is meer as 9% ligter op brandstofverbruik. Die 4x4-modelle kan tot

teen ‘n snelheid van 50 km/u van tweewiel-aandrywing oorskuif

na vierwiel-aandrywing of andersom. Daar is nou ‘n nuwe ses-

spoed hand-ratkas, asook as keuse van ‘n “intelligente“ ratkas in die

2,8 GD-modelle beskikbaar. Laasgemelde kan van rat verander word

sonder om die koppelaar te trap.

Selfs die enjins is nuut. Hilux bou voort aan die dieselkant met die

sogenaamde “

global diesel

“-enjins oftewel die “GD“-enjins. Daar is

beide ‘n 2,4 liter GD- en ‘n 2,8 liter GD-dieselenjin beskikbaar. Die

2,4 liter GD-enjin het ‘n kraglewering van 110 kW teen 3 400 om-

wentelinge en ‘n wringkrag van 400 Nm tussen 1 600 en 2 000 om-

wentelinge. Die 2,8 liter GD-enjin het ‘n kraglewering van 130 kW en ‘n

wringkrag van 420 Nm tussen 1 400 en 2 600 omwentelinge. Model-

le met die 2,4 liter GD-enjin het die beste brandstofdoeltreffendheid

in hulle klas, naamlik 7,3 liter/100 km. Die 2,8 liter GD het ‘n

verbruiksyfer van 8,5 liter/100 km.

Drie petrolenjins is beskikbaar. Eerstens ‘n tweeliter-viersilinder

wat 100 kW lewer en ‘n wringkrag van 182 Nm bied. Dan is daar ‘n

hersiene weergawe van die vorige 2,7 liter-enjin wat 122 kW lewer en

‘n wringkrag van 245 Nm het. Derdens is daar die vierliter V6 wat

175 kW lewer en ‘n wringkrag van 376 Nm bied. Die gevorderde

nuwe enjins en die dryfwiele word deur ‘n splinternuwe, soepel vyf-

of sesgang-handratkas gekoppel. Die werksmodelle behou die vorige

vyfgang-handratkas terwyl die hoërgraadse modelle ‘n keuse tussen

die nuwe sesgang-handratkas of outomatiese sesgang-transmissie

bied. ‘n Wêreld-eerste in die bakkie-segment is die gebruik van

Toyota se intelligente handratskakeling (iMT) vir sekere modelle. Die

iMT-stelsel maak gebruik van tegnologie wat die enjinspoed by die

ratkas aanpas wanneer die bestuurder deur die ratte skakel ten ein-

de ‘n ultra-soepel rit te bied en die voertuig seepglad te laat wegtrek.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

Die nuwe Toyota Hilux 2,8 GD-dubbelkajuit.

78

April 2016