Background Image
Previous Page  81 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 81 / 84 Next Page
Page Background

Landbou

bou die land

.

Landbou bly ‘n uitdaging ...

Tog, teen alle verwagtinge in en in ‘n land

wat dikwels gebuk gaan onder wisselvallige

reënval en soms knellende droogtes,

werk die land se voedselprodusente

elke dag onvermoeid, omdat daar altyd

nog ‘n seisoen is. Dit is hoekom ons

voedselprodusente aanhou boer, met die

oog op beter opbrengste, beter winste

en om die land te voed – wat ookal die

uitdagings.

Dankie dat die land kan staatmaak op jou

liefde vir die grond. As ‘n land sien ons die

produk van jou harde werk en hoe jy die

toekoms met vertroue tegemoet gaan.

Kynoch

– verbeterde

doeltreffendheid deur innovasie.

011 317 2000 |

info@kynoch.co.za www.kynoch.co.za

Nie handeldrywend in die Wes-Kaap.

Farmisco (Edms) Bpk.

h.a. Kynoch Fertilizer. Reg. Nr. 2009/0092541/07

uppe marketing A13965/SAG

Nog ‘n nuwigheid vir Hilux is die rymodus-skakelaar. Bestuurders

kan tussen ekonomiese (Eco) en hoë verrigting (Power) na gelang

van rytoestande kies. Die ekonomiese modus verminder kragver-

bruik in verhouding tot versnelling, verhitting en verkoeling ten einde

brandstofekonomie te verbeter, terwyl die hoëverrigtingsmodus

die bestuurder vinniger versnellerreaksie vir ‘n meer opwindende

rit bied.

Drie rompvorms word, soos voorheen, gebied: Enkel-, Xtra- en

dubbelkajuit. Die Hilux se nuwe, sterker leerraam-onderstel sorg vir

groter verwringingsweerstand terwyl sy botsenergie-absorberen-

de eienskappe met 15% teenoor dié van sy voorganger verbeter

is. Dit maak die voertuig veiliger en beskerm die insittendes beter.

Die nuwe Hilux het ‘n omvattende lys aktiewe veiligheidstelsels

om botsings te help voorkom, voertuigstabiliteit te bevorder en

selfs die bestuurders te help om ‘n sleepwa in moeilike rytoestande

te beheer.

Die gewone rembeheerstelsels – sluitwerende remme (ABS), nood-

remhulp (BA) en elektroniese remkragverdeling (EBD) – is die eerste

linie aan die aktiewe veiligheidsfront. ‘n Nuwe toevoeging is die

noodremsein, wat die bestuurders van ander voertuie in die geval

van noodremgebruik waarsku deur die noodligte te laat flikker.

Sekere modelle is verder toegerus met voertuigstabiliteitsbeheer

(VSC), wat geaktiveer word wanneer sensors stuurtraagheid of

stuuroorywerigheid waarneem. Die stelsel gebruik outomatiese

beheer van enjinverrigting en individuele wielremme om die uit-

werking van stuuroorywerigheid of stuurtraagheid teen te werk, wat

voertuigstabiliteit en uiteindelike veiligheid aansienlik verbeter.

Sleepwa-swaaibeheer (TSC) gebruik enjinverrigting en individuele

rembeheer om ‘n sleepwa in toom te hou deur volgehoue

swaaibewegings teen te werk. Al die modelle word gedek deur ‘n

diensplan van vyf jaar of 90 000 km (wat ook al eerste aanbreek)

met versieningstussenposes van 10 000 km. Die nuwe Hilux-reeks

se pryse bly mededingend en sommige modelle is selfs goedkoper,

al het dit nou meer toerusting as hul voorgangers. Pryse wissel

van R228 900 tot R435 900 vir die enkelkajuit-model, R333 900 tot

R470 900 vir die Xtra-kajuit en R377 900 tot R593 900 vir die

dubbelkajuit-modelle.

Die Toyota Hilux enkelkajuit-weergawe.