Background Image
Previous Page  56 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 56 / 84 Next Page
Page Background

April 2016

54

Natuurlike komponent uit wilde

plante het toepassing in die landbou

G

ewasprodusente en navorsers is op die uitkyk vir alter-

natiewe molekules wat die potensiaal het om gewas-

produksie te bevorder (Marr

et al

., 1997). Dit plaas die klem

op die behoefte om in die natuur te soek vir moontlike

antwoorde wat aanleiding kan gee tot die ontwikkeling van natuur-

like produkte.

Dit is interressant dat daar meer as 250 000 hoër plantspesies op

aarde geïdentifiseer is (Cowan, 1999) wat ‘n verskeidenheid natuur-

like bio-aktiewe chemiese komponente, ook bekend as sekondêre

metaboliete, bevat wat ‘n rol speel in die groei en produktiwiteit

van wilde plante, maar ook hulle weerstandsmeganismes teen bio-

tiese (siektes) en abiotiese (omgewing) stremmingsfaktore aktiveer.

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat hierdie komponente nog

nie naastenby almal behoorlik nagevors is ten opsigte van hul

potensiaal om in die landbou kommersieel toegepas te kan word

as natuurlike produkte ten einde gewasproduksiestelsels te ver-

beter nie. Die feit dat dit oor die algemeen aanvaar word dat

natuurlike plantkomponente omgewingsvriendelik is en minder

risiko inhou vir mens en dier as hulle sintetiese analoë, beklem-

toon die noodsaaklikheid vir navorsers, landboupraktisyns en ge-

wasprodusente om besondere aandag aan hierdie aspek te gee

(Deer, 1999 en Johnson, 2001).

Een van hierdie komponente is brassinosteroïede, wat relatief

onlangs status as die mees effektiewe bio-stimulerende natuurlike

komponent met saailingvitaliteits-, weerstands- en oesopbrengs-

verhogingspotensiaal van alle bekende natuurlike plantkomponente

verwerf het (Mandava, 1979; 1988).

Brassinosteroïede is oorspronklik drie dekades gelede uit die

stuifmeel van die raap (

Brassica napus

L.) geëkstraheer (Adam en

Marquard, 1986; Adam en Schneider, 1999). ‘n Relatief onlangse

verslag van Zullo en Adam (2002) het egter die toepassingspoten-

siaal van brassinosteroïede in die landbou bevestig.

Hierdie bevestiging was die resultaat van data wat oor ‘n tydperk

van meer as 30 jaar versamel is. Statisties betekenisvolle data in

terme van oesopbrengsverhogings in boontjies en slaai (Meudt

et al.

, 1983), tamaties (Mori

et al.

, 1986), rys (Lim, 1987), mielies

(Lim en Han, 1988) en koring (Takematsu

et al.

, 1988) is gepubliseer

deur onafhanklike navorsers.

Intussen kan vele meer resente voorbeelde van die gebruik van

brassinosteroïede ten opsigte van oesopbrengsverhoging in ge-

wasse in die literatuur verkry word (Kamuro en Takatsuto, 1999;

Khripach

et al.

, 1999; Khripach

et al.

, 2000).

Bo en behalwe die oesopbrengsverhogingseffek van brassinoste-

roïede op ‘n verskeidenheid gewasse is die plantgroei-effek (Rao

et al.

, 2002), en in die besonder saailingwortelgroei (Müssig

et al.

,

2003), beskerming teen onkruiddoderbeskadiging (byvoorbeeld

aangerig deur 2,4-D en butachlor; Choi

et al.

, 1990) asook die

verhoging van weerstand teen kouebeskadiging (Kamuro en

Takatsuto, 1999) gepubliseer.

‘n Verslag oor natuurlike brassinosteroïed-bevattende plantekstrak-

te uit Europese plante met interessante toepassingspotensiaal in

die landbou is 15 jaar gelede reeds gepubliseer (Roth

et al.

, 2000).

In 2010, na twaalf jaar se intensiewe kontraknavorsing onder

laboratorium-, glashuis- en veldtoestande aan die Universiteit van

die Vrystaat onder Suid-Afrikaanse toestande, is ‘n produk ontwik-

kel wat in Duitsland as ‘n plantversterkingsmiddel geregistreer is

onder die handelsnaam ComCat

®

.

Die produk is intussen internasionaal gekommersialiseer deur ‘n

Duitse maatskappy, Agraforum GmBH. Blaartoedienings van die

produk onder laboratorium- en glashuistoestande het konsekwent

getoon dat wortelontwikkeling in saailinge van alle toetsgewasse,

hetsy groente of rygewasse, asook die induksie van weerstand

in gewasse teen sekere abiotiese stremmingsfaktore aansienlik

bevorder is.

OP PLAASVLAK

Plantontwikkeling / Oesopbrengsverhogingspotensiaal

Gewasproduksie

SEEF PRETORIUS,

Departement Grond, Gewas en Klimaatwetenskappe,

Universiteit van die Vrystaat en

RIAAN BUITENDAG,

Agraforum SA

Verhoging in brassinosteroïedkonsentrasie

1: Die foto illustreer die belangrikheid van brassinosteroïede ten opsigte van plantontwikkeling. ‘n Tekort aan brassinosteroïede het

saailingontwikkeling van ‘n komkommerplant (regs) vertraag teenoor waar brassinosteroïede toegedien is teen ‘n optimum konsen-

trasie (links).

Foto: Poppenberger, 2014

2: Tweede internode boontjiebio-toets vir brassinosteroïede om saailingontwikkeling teen toenemende brassinosteroïedkonsentra-

sies te illustreer.

Foto: Ördög en Molnár, 2011

1

2