Background Image
Previous Page  55 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 55 / 84 Next Page
Page Background

OP PLAASVLAK

Bemesting

Kalium / Geenbewerking / Sonneblom

Geenbewerking kan sonneblom

se kaliumopname beïnvloed

M

et geenbewerking vind stratifikasie van plantvoedings-

elemente in die grondprofiel gewoonlik plaas. Van die

plantvoedingselemente word deur gewasse vanuit die-

per grondlae gemyn en die deel wat nie met die graan

verwyder word nie, word mettertyd in die boonste enkele sentimeter

van die grondprofiel gekonsentreer.

Kalium is een van die plantvoedingselemente wat op hierdie wyse

gestratifiseer word. Dié stratifikasie kan in sekere seisoene die

opname van kalium deur sonneblomme sterk beïnvloed.

Geenbewerking

Die oorskakeling vanaf tradisionele konvensionele grondbewerking

na verminderde en geenbewerking het nodig geraak ná die be-

wuswording dat gronderosie en die verlies aan grondkwaliteit ‘n

ernstige bedreiging vir volhoubare graanproduksie inhou. Bewer-

kings lei tot die fisiese en biologiese agteruitgang van grond.

Dit lei vervolgens tot ‘n lae effektiwiteit van graanproduksie en die

risiko van plae en siektes kan selfs verhoog. Geenbewerking is een

van drie pilare waarop bewaringslandbou berus. Die ander twee is

wisselbou en die behoud van ‘n deklaag van oesreste.

Van die belangrike gevolge van geenbewerking, as deel van be-

waringslandbou, is dat die grond fisies en biologies herstel. Dit is

veral in die boonste enkele sentimeter van die grondprofiel waar

die veranderinge na enkele seisoene intree. Dié veranderinge kan ‘n

groot impak op gewasproduksie maak.

Indien die bewaringslandboubeginsel van ‘n deklaag van gewas-

reste ook nagekom word, neem die organiese koolstofinhoud van

die boonste 5 cm-grondlaag toe. Dat hierdie verhoging van organie-

se koolstof ‘n verbetering op die chemiese, fisiese en biologiese

komponente van die grond het, is oorbekend. Kortom verbeter die

kwaliteit van die grond soos die organiese koolstofinhoud toeneem.

‘n Kenmerk van meeste van ons grond in die Hoëveld is dat dit

maklik infiltrasiekorse vorm nadat dit bewerk is. As gevolg hiervan

kan van die reënwater afloop waar dit dan verlore gaan vir gewas-

produksie en boonop erosie meebring.

Een van die belangrikste gevolge van bewaringslandbou is dat

grondkorse nie so maklik vorm nie, wat weer die infiltrasie van

reënwater verhoog. Die aggregaatstabiliteit van die grond in die

boonste 5 cm neem ook toe, wat verder tot die bekamping van

erosie bydra.

Stratifikasie van kalium

Veranderinge in die grond weens geenbewerking is nie net bio-

logies en fisies van aard nie, maar ook chemies. Die verhoging in

konsentrasie of stratifikasie van voedingselemente weens geen-

bewerking is ‘n bekende verskynsel.

Na enkele seisoene in ‘n bewaringslandbouproef op Potchef-

stroom waar mielies en sonneblom afgewissel is, was die kalium-

inhoud van die boonste 5 cm grond onder geenbewerking reeds

25% hoër as dié van bewerkte grond. Die teenoorgestelde het in die

5 cm- tot 30 cm-diepte plaasgevind.

ANDRÉ NEL,

LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom

Dit is sinvol om sonneblom met kalium te bemes indien daar nie ‘n uitermate groot

hoeveelheid in die grond is nie.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

53

April 2016

Sonneblom op

bewerkte grond het

171 kg kalium per

hektaar in die bogroei

opgeneem wat sowat

55% hoër was as die

110 kg/ha van die

geenbewerkte

sonneblom.