

49
April 2016
As jy as produsent weet waarheen jy op pad is, kan daar planne
gemaak word om daar uit te kom.
Met hierdie verskille in hulpbronne, is dit belangrik om te besef dat
daar nie ‘n boerderystelsel is wat reg deur die bank toegepas kan
word nie. Daar is wel sekere beginsels wat toegepas moet word en
hierdie beginsels sal verseker die produksie bevoordeel.
Elke produsent sal sy eie produksiestelsel moet ontwikkel en imple-
menteer waar sy beperkende hulpbron geoptimaliseer word en aan
sy toekomsplanne voldoen word. Dit is belangrik om te weet wat
die pilare van die stelsel is en hoe al die verskillende vertakkings
bymekaar inskakel om die plaas se wins te maksimaliseer.
Implementeer nuwe stelsel
As daar nuwe, verbeterde boerderystelsels ontwikkel word, sal die
nuwe, verbeterde stelsel se komponente eers in die huidige stelsel
geïmplementeer en getoets moet word, voor daar groot verande-
ringe gemaak word. As hierdie bestaande stelsel verbeter kan
word, is dit goed, anders maak dit nie sin om net agter nuwe gons-
woorde en ander nuwighede aan te hardloop nie.
Nuwe veranderinge in die produksiestelsels sal verseker ook ‘n
effek op die bestaande vertakkings in die stelsel hê. As daar by-
voorbeeld besluit word om die beweiding van oesreste te staak,
gaan dit verseker ‘n effek op die veevertakking hê. Bepaal wat die
impak gaan wees en bestuur die impak sinvol.
Bereken eers die verskille in winsgewendheid oor die lang termyn
tussen die twee stelsels en indien dit positief is, kan besluit word
of die veranderinge geïmplementeer moet word. Pasop om net na
winsgewendheid te kyk – volhoubaarheid is net so belangrik soos
winsgewendheid.
Soms kan dit gebeur dat ‘n verandering in die boerderystelsel dalk
die samestelling van die vertakkings kan verander. Indien hierdie
veranderinge geïmplementeer word, moet dit die winsgewendheid
van die besigheid oor die lang termyn bevoordeel.
Langtermynwinsgewendheid
Navorsing oor die boerderystelsel het ten doel om die voorwaartse
en rugwaartse bindinge van die stelsel te ondersoek en te verbeter.
Langtermynwinsgewendheid bly die kriterium waarteen alles
gemeet moet word. Soms kan dit beteken dat daar oor die kort
termyn opofferings gemaak moet word om langtermynwinsge-
wendheid te verseker.
Dit maak nie sin om ‘n wisselboupraktyk net op te offer omdat die
winsgewendheidsverhoudinge tussen die gewasse oor die kort ter-
myn uitmekaarbeweeg nie.
Wisselbougewasse en veevertakkings
Goeie, volhoubare produksiestelsels sluit gewoonlik die gebruik
van wisselbougewasse in. Die redes hiervoor kan legio wees, maar
kom ons aanvaar dit is om die produksievermoë van die grond in
stand te hou. Soms kan die gebruik van verkillende wisselbouge-
wasse en dekgewasse die winsgewendheid van die stelsel dramaties
verhoog, maar daar moet nugter oor die saak gedink word voordat
dit geïmplementeer word.
Tydens werk wat op Nooitgedacht Landbouontwikkelingsentrum
op Ermelo in die 1980’s en 1990’s gedoen is, is daar bevind dat ‘n
kombinasie van akkerbougewasse, verskillende meerjarige en een-
jarige weidings en die inbring van beide beeste en skape die wins-
gewendheid van die boerdery dramaties verhoog het.
Die veevertakkings is bestuur om produksie te optimaliseer en te
laat saamval met die produksie van weiding. In tye van volop,
hoë kwaliteit kos moet daar vee wees wat die hoë kwaliteit kos in
geld kan omsit. Indien daar ‘n voerskaarste of lae kwaliteit voer
beskikbaar is, moet die diere in ‘n onderhoudsfase wees waar pro-
duksie nie ‘n vereiste is nie. Hierdie proewe het die belangrikheid
van tydsberekeninge uitgewys.
Die resultate van produksiepraktyke wat in die Noordwes-Vrystaat
en ander distrikte toegepas word, het lankal gewys dat die inbring
van meerjarige weidingsgewasse die winsgewendheid van akker-
bougewasse dramaties kan verhoog en terselfdertyd die risiko
verlaag.
Die graanopbrengste in hierdie stelsels was beduidend beter as
dié van die omgewing. Die inbring van meerjarige weidings in die
produksiestelsel sal eers ekonomies getoets moet word, omdat die
hulpbronne tussen produsente só dramaties verskil. Daar kan nie
net aangeneem word dat die stelsel die winsgewendheid sal ver-
hoog nie.
Bestuur is belangrik
Bestuur is die belangrikste komponent in enige stelsel en kan dit
maak of breek. As die produsent nie die vermoë het om die stelsel
reg te bestuur nie, sal die einde daarvan net trane en verdriet
wees. Bemarking en prysbestuur is ook ‘n integrale deel van enige
boerderystelsel.
Dit help nie daar word geproduseer, maar die produkte kan nie
verkoop word nie of die prys is só laag dat dit nie winsgewend is
nie. Vraag en aanbod van produkte speel ‘n belangrike rol in die
boerderyproduksiestelsel.
Dit help nie daar is langtermynsurplus van die produkte wat gepro-
duseer word en die prys bly onder druk nie. Die winsgewendheid
van hierdie boerderystelsel sal vir altyd onder druk bly.
Kennis is ook ‘n kardinale vereiste om enige boerderystelsel te
maak werk. Dit help nie die produsent weet wat om te produseer,
maar het nie kennis van hoe om dit te produseer nie. Maak dus seker
dat jy die produksie van die vertakking verstaan of win kennis in om
hierdie vertakking te kan verbou. Vra jouself af: Wanneer het ek iets
oor my produksiepraktyk nagevors of probeer?
Onthou net dat ‘n boerderystelsel oor die lang termyn beoordeel
moet word. As daar besluite rakende die stelselveranderinge ge-
neem word, sal dit alle komponente in die stelsel raak. Pas die be-
sigheid se doelwitte en beplanning rondom die boerderystelsel
aan. Maak ook seker dat die finansiële beplanning rondom die boer-
derystelsel gebou word.
Deel kennis onderling en implementeer die veranderinge, maar die
belangrikste van alles is om eerlik met jouself te bly. As iets nie werk
nie, verander dit en bou uit op die positiewe aspekte.
Saamgevat
Boerderystelsels word opgestel met die oog daarop om langter-
myndoelwitte te bereik. Geen boerderystelsel tussen produsente
behoort presies dieselfde te wees nie, maar die belangrike beginsels
sal by almal toegepas word.
Maak seker dat die boerderystelsel die winsgewendheid van
die besigheid oor die lang termyn verhoog. Maak seker dat die
boerderystelsel die hulpbronne wat by ons kinders geleen word, in
stand hou, of nog beter, opbou.
Weet dat daar altyd ‘n kombinasie van vee, akkerbou en aangeplante
weiding moet wees. Onthou dat daar altyd binne ‘n stelsel gepro-
duseer sal word en dat binne hierdie stelsel se produksiesiklus
geproduseer moet word.
As daar enige vrae is, kan die outeur by 082 759 2991 gekontak
word.