Background Image
Previous Page  53 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 53 / 84 Next Page
Page Background

51

April 2016

Projek 2

Die tegniek van kwantitatiewe polimerase kettingreaksie

is gebruik en protokolle is in ons laboratoriums ontwikkel

om swampatogene wat op die wortels van mielies voor-

kom te identifiseer en te kwantifiseer. Die DNA van die

geïnfekteerde wortels, krone en stamme word gebruik

(

Foto 1a

en

Foto 1b

) om vir twaalf verskillende swamspesies

te toets.

Gewoonlik moes navorsers baie tyd spandeer met ander

tegnieke wat baie probleme veroorsaak het met die kor-

rekte identifikasie van swamme en ook statistiese analises

belemmer het. Hierdie kwantitatiewe polimerase ketting-

reaksietegniek-protokolle sal hopelik bydra daartoe dat

navorsing op wortelvrot vinniger sal geskied en dat ons

die siekte beter verstaan om sodoende met verbeterde

beheerstrategieë na vore te kom.

Molekulêre biologie is maar net ‘n instrument wat navorsers

help om navorsing vinniger en meer doelgerig te maak.

Indien jy enige navrae het oor uitslae van projekte of

meer wil weet van die navorsing wat by die LNR-IGG

geskied, kan die plantpatoloë geskakel word

by 018 299 6100 of jy kan ‘n e-pos na die

outeur stuur by

BelgroveA@arc.agric.za .

Figuur 2: Resultate van DNA-opvolging wat die rangskikking van DNA op ‘n geen

aandui.

Figuur 3:

Fusarium verticillioides

-isolate is versamel van reg oor Suid-Afrika. Die

analises wat gedoen is met tegnieke van molekulêre biologie dui daarop dat die

swampopulasie in twee verdeel. Die isolate aan die kus is meer geneties divers as

in die binneland, wat aan die invloed van gewasproduksie (meer as een aanplanting

per jaar in die kusstreke) toegeskryf kan word.

Molekulêre biologie is

verbind daartoe om

metodes te ontwikkel vir

identifikasie, isolasie

en manipulasie van

molekulêre komponente...

Foto 1a en 1b: DNA word geëkstraheer van geïnfekteerde wortels, krone en

stamme om kwantitatiewe polimerase kettingreaksietoets te doen vir twaalf

swamme.

Foto’s: Dr Maryke Craven

1a

1b