Background Image
Previous Page  50 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 50 / 84 Next Page
Page Background

April 2016

48

Alle komponente in ‘n

boerderystelsel moet saamwerk

om sukses te waarborg

D

roogte het verseker ‘n groot impak op alle produsente.

Nie net het dit ‘n finansiële implikasie nie, maar die

produksiemetodes word ook baie keer in heroorweging

geneem.

Sommige produsente sal dit oorweeg om hulle produksiemetodes

te verander. Die vraag is: Wat moet produsente produseer, hoe

moet dit geproduseer word en wat moet in die huidige stelsel

verander word?

Moet ek ‘n direkte-plantboerderystelsel volg? Of moet ek ‘n rip-op-

die-ryboerderystelsel volg? Kan ek dit bekostig om nie vanjaar te

bekalk nie? In artikels in die media word die term “boerderystelsel”

baie gebruik, asook terme soos konvensionele boerderystelsel of

bewaringsbewerkingboerderystelsels.

‘n Mens kan seker met reg vra: Waarna verwys hierdie boerdery-

stelsels en produseer ek ook in ‘n boerderystelsel?

Doelwitte en vereistes

Jy as produsent se doelwitte en vereistes speel verseker die

belangrikste rol in enige boerderystelsel. Maak seker dat jy weet

waarheen jy op pad is en weet waar jou belangstellings asook sterk

en swak punte lê. Jy kan die heel beste hulpbronne hê en die beste

bestuurder wees, maar as die tipe boerdery jou nie pas nie, sal dit

oor die lang termyn nie werk nie.

Daar is verskeie definisies van ‘n boerderystelsel, maar dit kom

basies neer op die strategie wat gevolg word om jou hulpbronne

aan te wend om winsgewendheid en doelwitte oor die lang termyn

te bereik deur landbouproduksie só toe te pas dat dit oor die lang

termyn volhoubaar is, hulpbronne bewaar en dat die diverse

hulpbronsamestelling beskerm word.

Binne die boerderystelsel kan daar ‘n kombinasie van verskillende

vertakkings wees, waar die een vertakking dalk die inset van die

ander vertakking kan word en waar die een jaar se gewasse of

bestuur ‘n effek op die volgende jaar se produksie kan hê.

In baie van die artikels word daar net na die bewerkings wat gedoen

word, verwys. Die bewerkings is deel van die produksieproses wat

gevolg word om te produseer, maar dit is nie die enigste faktor wat

produksie verseker nie. Gegewe die stelsel, moet alle aspekte reg

aangewend word om optimale produksie te verseker.

Boerderystelsels gaan egter nie net oor produksie nie, maar ook oor

bemaking en die vergoeding vir die werk gedoen en kapitaal gebruik.

Winsgewendheid is ‘n kritiese aspek van enige boerderystelsel om

volhoubaarheid te verseker. Indien die stelsel nie die vermoë het om

winsgewend te kan produseer nie, sal die boerderystelsel verseker

gedoem wees.

Net so speel jou ingesteldheid ook ‘n rol. Daar is die moontlikheid

om jouself bankrot te spaar, maar net so is spandabelrigheid ook ‘n

onding. Kyk waar wat gespandeer word en meet die rendemente op

die beleggings.

Om produkte volhoubaar oor die lang termyn te produseer, het jy as

produsent en bestuurder die verantwoordelikheid om te besluit oor

die aanwending van inligting, wat insluit:

Agro-klimaatstoestande soos die hoeveelheid, verspreiding en

betroubaarheid van reënval, grondtipe, topografie en tempera-

tuur.

Hulpbronne wat kan in sluit lande, veld, besproeiingswater, trek-

kers en toerusting.

Verbouingspraktyke wat bepaal hoe geproduseer moet word en

wat geproduseer kan word.

Ekonomiese omstandighede soos vraag en aanbod, pryse van

produkte en insette en wat geproduseer moet word.

Fondse, bemarking en bestuursvaardighede.

Jou as produsent se langtermyndoelwitte en produksie-inge-

steldheid.

Hulpbronsamestelling

Dit is ‘n feit dat elke boerdery-onderneming se hulpbronsamestel-

ling verskil. Reënval tussen plase in dieselfde distrik verskil, hoe-

veelheid trekkers en toerusting beskikbaar verskil, die samestelling

van grondsoorte en diepte, asook vorige bestuurspraktyke verskil

en dit laat die produksievermoë van die plase varieer.

Die finansiële posisie van produsente verskil ook dramaties. Som-

mige produsente (en hulle is ver in die minderheid) boer kontant,

terwyl die ander produksiekrediet moet gebruik. Dadelik word die

moontlike geleenthede beperk. Hierdie insette kan en moet die

verbouingspraktyke wat gevolg word, bepaal en rig.

Elke produsent het sy eie doelwitte, beperkinge en geleenthede

en hierdie beperkinge moet in aanmerking geneem word as daar

besluite oor boerderystelsels geneem word. Die boerderystelsel

moet ook by die doelwitte vir die boerdery aanpas.

OP PLAASVLAK

Boerderystelsel / Produksiemetodes / Hulpbronne

Bestuurspraktyke

Die vraag is: Wat moet

produsente produseer, hoe

moet dit geproduseer word

en wat moet in die huidige

stelsel verander word?

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker