Background Image
Previous Page  48 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 48 / 84 Next Page
Page Background

April 2016

46

OP PLAASVLAK

Bestuurspraktyke

Direkte plant

Beleggings in masjinerie en toerusting is hoog en daarom het

Henk na alternatiewe maniere gesoek om sy gewasse te verbou

en minder geld in trekkers en masjinerie te belê. Direkte plant of

no till

het die oplossing gebring. Dit is volgens Henk ‘n goeie

manier om gewasse volhoubaar te verbou en om die kostes te ver-

minder. Buiten vir die laer masjineriekostes, het die direkte plant-

praktyk ook die opbrengste laat styg.

Tydigheid, effektiwiteit en doeltreffendheid is die hoofboublokke

vir winsgewendheid. Deur die regte aksie tydig en reg te doen,

word kostes in toom gehou. Beplanning is van kardinale belang as

soveel verskillende gewasse gelyktydig verbou word. Beplanning

begin by die hulpbron en veral grondsamestelling en die bestuur

van elke grondsoort sodat optimale produksie verkry kan word.

Henk is daarom besig om totaal na presisieboerdery en direkte

plant oor te skakel. Dit is egter ‘n proses om die hulpbronne te laat

karteer en chemiese regstellings te maak. Op die gedeeltes wat

reeds gedoen is, lyk die resultaat belowend.

Bestuurspraktyke

Wisselboupraktyke en gewasse word aangewend om die risiko

te versprei asook om die sinergistiese en komplimentêre voor-

dele van die stelsel optimaal te benut. Die suikerbone bind

stikstof wat weer in die volgende gewas se opbrengs weerspieël

word. Só sal die stoppels van die mielies en broodmanna weer

help dat die reënvaldoeltreffendheid verhoog word en dat die

sonneblomproduksie daarom dalk matig hoër kan wees.

Ten einde die kwaliteit van die eindproduk te verhoog, het Henk

ook in ‘n groot selfloopspuit belê. Hierdie spuit maak dit moontlik

om tydig, doeltreffend en goedkoop bespuitings te kan doen. Veral

die suikerboonproduksie het as gevolg hiervan dramaties ver-

hoog. Henk glo dat die tydige beheer van vroeë onkruid baie vog

bewaar, maar dat ook heelwat op onkruiddoder gespaar kan word.

‘n Klomp klein besparings maak op die ou end ‘n baie groot bespa-

ring en as dit opbrengste boonop verhoog, is dit twee vlieë met

een klap.

In die toekoms sal al die gewasse waar moontlik in ‘n direkte plant-

presisiestelsel verbou word. Henk glo dat dit die manier is om

langtermyn-volhoubare produksie vir die boerdery te verseker.

Bemarking is natuurlik die ander kant van volhoubaarheid. Dit

is waarom dit vir Henk belangrik is om te weet wat die verbruiker

van sy produkte vereis, asook wat gedoen moet word om aan hulle

behoeftes te kan voldoen.

Omdat Henk ‘n groot gedeelte van sy produkte direk aan ver-

bruikers lewer, moet hy klem lê op gehalte en voorkoms. Bone

word eers skoongemaak voor dit verpak en bemark word en pam-

poene word op gronde geplant wat dit nie dalk sal vlek nie.

3: Sonneblomstrooptyd op die Springbokvlakte.

4: Henk verbou suikerbone onder besproeiing.

5: Hy produseer ook pampoene onder besproeiing as deel van die

wisselboustelsel.

6: Henk (regs) en sy seun, Henk junior (links) saam met die permanente

werkers Josef Baloi, Kleinboy Mmaku, Josef Mancoe, Andries Makubela

en Johannes Moremi.

HENK MICHAU:

Om bo uit te kom

3