Background Image
Previous Page  49 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 49 / 84 Next Page
Page Background

47

April 2016

Die eindverbruiker is koning en sy oog soek altyd die mooiste een

uit. Henk noem dan ook dat bemarking baie opgeskerp kan en

moet word en dat sodra die seuns plaas toe kom, baie meer aandag

saam met hulle hieraan gegee sal word.

‘n Gevoel vir die bedryf en die boerdery help Henk om strategiese

besluite te neem. ‘n Mens voel soms aan wat gaan gebeur en daarom

was dit belangrik dat Henk vroeg al self sy eie besluite moes neem.

Dink uit die boks

Dit het vir hom die geleentheid gebied om self buite die boks te

dink – iets wat hy suksesvol in sy besigheid toepas. Sy gawe en

vaardigheid met ysters maak dit vir hom moontlik om implemente

aan te pas om aan sy streek se unieke vereistes te voldoen.

Tog is dit nie net die ysters wat aangepas word nie, maar met sy

produksiestelsels moes ook buite die boks gedink word om ‘n stel-

sel te kry wat vir hom in sy eie omstandighede kan en moet werk.

Arbeid is belangrik en moet ten alle tye optimaal produseer. Henk

glo daarin dat werkers hul gedeelte van die verantwoordelikheid

moet dra, maar sorg dat streng kontrole oor hul produksie gehou

word. Henk is gereeld by hulle terwyl hulle werk, maar terselfder-

tyd kyk hy vir plekke om die produksie te verbeter of om siektes

vroeg genoeg te identifiseer sodat dit tydig aangespreek kan word.

Henk het homself omring met goeie insetverskaffers wat verstaan

waarheen hy op pad is en sy siening van sake deel. Die rol wat

verskaffers speel, is van onskatbare waarde.

“Hierdie mense help om alles te laat vloei en help om te sorg dat

die regte aksies reg en tydig uitgevoer word – en die belangrik-

ste, om risiko te verlaag,” sê hy. Tog doen Henk op sy eie ook ‘n

klompie navorsing. Tans is hy besig om te kyk hoe sonneblom

presteer wat direk na vroeë mielies in die stoppels geplant word.

Die bemesting vir die gewasse word op realistiese opbrengsnorme

gedoen en die gebruik van chemiese bemesting op die turfgronde

het ook daartoe bygedra dat die droëlandproduksie gestyg het.

Die rendement op hierdie belegging is net ongelooflik, maar Henk

dink dat dit dalk ook sal bydra om produksie volhoubaar te maak.

Glo in die toekoms

Henk glo in die toekoms van die landbousektor. Daar is vir seker

sekere probleme, maar as verby dit gekyk word, is daar ‘n groot

toekoms. Hy wil nog aanhou uitbrei, maar weet dat sy groei eerder

in “dinge beter doen” sal lê.

“Ons moet tegnologie inspan om ons effektiwiteit en doeltreffend-

heid te verhoog, wat weer op die ou end produksie en winsgewend-

heid sal verhoog,” sê Henk.

Hy noem ook dat as daar geleenthede kom, jy wakker genoeg moet

wees om dit te kan benut. Hy vertel hoe hulle vee in ‘n voerkraaltjie

op uitvalgrond vetgemaak het. Hier is byhou van rekords belangrik,

want ‘n geleentheid is teen ‘n sekere tyd verby en dan kan dit jou

begin geld kos, noem Henk – wat dit op die harde manier geleer het.

Vir Henk bly harde werk, slim werk en die regte bemarking van

kardinale belang. Tog is hy net ‘n rentmeester wat alles uit genade en

in afhanklikheid aanpak en doen.

Rig enige vrae aan Henk Michau by 082 376 6753 of Pietman Botha

by 082 759 2991.

4

5

6