HENK MICHAU:
Om bo uit te kom,
is harde en slim werk, maar
grootliks genade
H
enk en Riana Michau boer sedert 1995 in die Tuinplaas-
omgewing – omtrent halfpad tussen Modimolle en
Marble Hall, uit en uit in die Springbokvlakte. Hier het
Henk dit reggekry om sy aanvanklike 100 ha grond
twaalfvoudig te laat groei en hy bedryf tans ‘n pragtige boer-
deryeenheid. Dit op sigself, is ‘n reuse-prestasie.
Henk het vinnig besef dat, met die beperkende hulpbronne tot
sy beskikking, hard en slim gewerk moet word. Omdat bedryfs-
befondsing van die begin af beperkend was, moes hy van krediet
gebruik maak om te kon produseer.
Kontantvloei
‘n Landboubesigheid het Henk aanvanklik ondersteun deur hom
op grond van sy prestasie op die been te help. Sy handelsbank
en ouditeur help hom jaarliks om sy finansies te beplan en ‘n
kontantvloeibegroting word vir die komende seisoen opgestel.
Soms word van die kontantvloeibegroting afgewyk, maar as ‘n reël
poog hulle om binne die kontantvloeibegroting en beplannings-
norme te hou.
In die beginjare was die kontantvloei onder druk en dit het Henk
gedwing om planne te maak. Hy het gevolglik begin om gewasse
te verbou sodat die inkomste- en uitgawestrome regdeur die jaar
versprei kon word.
Die besproeiing uit boorgate het ook gehelp dat die inkomste-
en uitgawestrome makliker versprei kon word. Verder het die
besproeiing dit moontlik gemaak dat Henk hoëwaardegewasse kon
begin verbou.
Gewasse
Tans word daar in hierdie boerdery met saadmielies, droëland- en
besproeiingsmielies, suikerbone, pampoen, sonneblom, grondbone,
broodmanna (
millit
) en koring geboer. Op ongeveer 70% van die
oppervlakte word met droëlandgewasse geboer, waar hoofsaaklik
sonneblom met mielies en broodmanna afgewissel word.
Op die ligter gronde word sonneblom en mielies verbou, terwyl
die swaarder kleigronde sonneblom en broodmanna lewer. Onder
besproeiing word hoofsaaklik saadmielies, suikerbone, mielies,
pampoene en koring aangeplant.
Besproeiing
Water is beperk en daarom word by die besproeiing baie klem daar-
op gelê om die hoogste inkomste per millimeter water besproei
te verkry. Henk het ook ‘n slim plan gemaak om te sorg dat die be-
perkte water se gebruik geoptimaliseer word. Twee besproeiing-
sirkels per spilpunt maak dit moontlik om die besproeiing met reën
aan te help. Só word die besproeiingswater aangewend waar dit
regtig ‘n verskil kan maak.
Saadmielies sal byvoorbeeld vroeg in die seisoen geplant word en
sodra die mielies fisiologies ryp is, sal die spilpunt na die volgende
sirkel geskuif word waar daar dan suikerbone aangeplant word.
Hierdie suikerboonsirkel se primêre bewerking is gewoonlik met
die reën se vog gedoen en die reën het dan reeds die grond benat.
Ten einde die boorgate se lewering te beskerm, word daar op die
plaas net 60% van ‘n gat se lewering gebruik. Dié praktyk behoort te
sorg dat die kleinseuns ook eendag sal kan besproei.
45
April 2016
OP PLAASVLAK
Bestuurspraktyke
Graanprodusent van die Jaar
PIETMAN BOTHA,
SA Graan/Grain
medewerker
1: Henk Michau en sy vrou, Riana.
2: Henk het die vermoë en liefde om toerusting aan te pas sodat dit in die turf-
gronde van die Springbokvlakte kan werk. Hierdie planter is ook aangepas om
doeltreffend te kan werk.
2
1
– Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar-finalis