

OP PLAASVLAK
Die dieselprys, -heffings
en -korting onder die loep
CORNÉ LOUW,
senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
INSET
-oorsig
d
iesel maak ongeveer 12% van ‘n graan- en oliesade-
produsent se lopende produksiekoste uit. Die groot-
handelsprys van diesel in Maart vanjaar het op
R9,58/liter gestaan – 4,2% laer as die R10/liter van
verlede jaar dieselfde tyd.
Van hierdie dieselprys bestaan 55% uit heffings en belastings
terwyl slegs 45% uit die werklike brandstofkoste (invoerpariteit
van diesel) bestaan. Die grootste gedeelte (74%) van die heffings
en belasting bestaan uit die algemene brandstofbelasting en die
Padongeluksfondsheffing.
Plaaslike brandstofpryse word gereguleer.
Grafiek 1
toon die same-
stelling van die groothandelprys van diesel in Maart vanjaar. Die
Minister van Finansies het in sy begroting aangedui dat belasting op
diesel in April met ‘n verdere 30c/liter gaan styg.
Die dieselkorting vanaf April
Die dieselkorting waarvoor produsente kwalifiseer, bestaan uit
40% van die algemene brandstofbelasting en 100% van die Pad-
ongeluksfondsheffing. Vir Maart het die dieselkorting 26% van
die groothandelsprys van diesel uitgemaak. Die Minister van
Finansies het in Februarie vanjaar aangekondig dat die algemene
brandstofbelasting op 6 April vanjaar met 30c/liter gaan toeneem.
Dit bring mee dat die dieselkorting op 6 April vanaf 250c/liter na
262c/liter gaan toeneem – vir 80% van regmatige gebruik.
Grafiek 2
toon hoe die dieselkorting oor tyd toegeneem het.
Verantwoordelikheid
Die verhoging in die dieselkorting gaan met meer verantwoordelik-
heid gepaard. Uit die artikel is dit duidelik dat ondanks die feit
dat heffings en belastings skerp toeneem, die dieselkorting ‘n
noemenswaardige deel daarvan uitmaak. Dit alles spel uit dat ons
in die landboubedryf die dieselkorting met die nodige omsigtig-
heid moet hanteer en ten alle tye moet beskerm – dit is een van die
min voordele wat ons wel ontvang.
Wenke vir dieselkorting
Eis die dieselkorting op grond van verbruik en nie op aankope nie.
Hou volledig boek van dieselgebruik op die plaas (vanaf die hoof-
verspreidingspunte):
Datum diesel ingegooi.
Hoeveelheid diesel ingegooi.
Beskrywing van voertuig.
Rede waarvoor diesel aangewend is.
Neem kennis dat daar nog vir die finale logboeke van die Suid-
Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gewag word, wat die bogemelde
inligtingbehoefte kan verander.
Grafiek 1: Samestelling van die groothandelsprys van diesel in Maart 2016.
Grafiek 2: Dieselkorting.
Vir meer inligting oor die hantering
van die dieselkorting skandeer dié
QR-kode. Dit is verder belangrik
dat produsente kennis neem van
die aktiwiteite wat kwalifiseer vir
die dieselkorting (Skedule 6 deel 3).
April 2016
40